Koeikarkas in ministerie se ambulans gevind
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê die skuldiges wat 'n koeikarkas in een van die ministerie se ambulanse vervoer het, sal met die volle omvang van die gereg gestraf word. Nangombe het gereageer op 'n voorval waarin 'n ambulans van die ministerie by die padblokkade by Kappsfarm buite Windhoek afgetrek en 'n koeikarkas daarin gevind is. Die mans verskyn vandag in die hof.
Volgens Nangombe sal die skuldiges in lyn met die wette vir misdaadprosedures en die staatsdiens gestraf word.
"Hulle het 'n onreg teen die goeie naam van die ministerie gepleeg en staatseiendom gebruik om 'n afskuwelike misdaad te pleeg en dit in 'n tyd soos nou. Wat as die ambulans vir nood gebruik moes word en dit was nie beskikbaar vir iemand wat regtig hulp nodig gehad het nie? Dis totaal onaanvaarbaar!"
Nangombe was vol lof vir die lede van die polisie en die publiek wat vinnig opgetree het en dit onder die ministerie se aandag gebring het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie