Kobi Alexander gevonnis
Die lang arm van die gereg het die voormalige Amerikaanse sagteware-ontwikkelaar, Kobi Alexander, wat lank in Namibië gewoon het, ingehaal toe hy in New York gevonnis is.
Die voormalige uitvoerende hoof van Comverse Technology Inc, wat verlede jaar na Amerika teruggekeer het ná 'n dekade in Namibië waar hy gewoon het om vervolging vry te spring, is Donderdag tot gevangenisstraf van twee en 'n half jaar vir effektebedrog gevonnis.
Jacob (Kobi) Alexander, die stigter van die Woodbury, New York-gebaseerde sagteware-ontwikkelaar, is deur distrikregter Nicholas Garaufis in Brooklyn gevonnis, wat hom gekritiseer het omdat hy vir so lank probeer het om die gereg vry te spring.
“Ek verstaan regtig nie hoe iemand so briljant en talentvol en gefokus en gerespekteer soos u so ongelooflik laag en dom kon wees om sommige van die besluite te neem wat u geneem het nie,” het Garaufis gesê.
Die vonnis was meer as waarvoor sy regspan gevra het, maar aansienlik minder as die tien jaar maksimum vonnis wat hy in die gesig gestaar het.
'OPREG JAMMER'
Alexander, geklee in bruin gevangenisklere, het gesê hy was “opreg jammer vir alles” wat hy verkeerd gedoen het.
“Ek is opreg jammer omdat ek gevlug het eerder as om met die regstelsel te werk, soos ek moes gedoen het,” het hy gesê.
Die 64-jarige Israeliese burger is in aanhouding sedert hy in Augustus skuldig op klagte van effektebedrog gepleit het, nadat Garaufis sy versoek verwerp het om op borgtog van US$25 miljoen vrygelaat te word. Hy sal na verwagting krediet kry vir die tyd wat hy reeds in die gevangenis deurgebring het.
Die saak was een van die laaste, oop Amerikaanse vervolgings wat uit regering- en interne ondersoeke na die terugdatering van aandele-opsies spruit.
GELD OORSEE VERSKUIF
Alexander en sy familie het in Julie 2006, midde die ondersoek, na Namibië gevlug.
Voor hy gevlug het, het hy na bewering sy regsgeleerdes en die regering mislei oor sy planne en in die geheim US$50 miljoen oorsee verskuif.
Terwyl Alexander in Namibië was, het hy ingestem om US$60 miljoen aan Comverse terug te betaal vir regsgedinge deur aandeelhouers en het afstand gedoen van US$72 miljoen in eise wat hy teen Comverse gehad het.
In 2010 het hy ook US$6 miljoen betaal wat uit boetes deur die Amerikaanse effektekommissie opgelê is.
OPSIES NOOIT GEKAPITALISEER
Al het Alexander nooit sy aandele- opsies gekapitaliseer nie, het aanklaers in die hof gesê die skema het die maatskappy US$51,8 miljoen gekos en daartoe gelei dat dit van die aandelebeurs gedenoteer is wat die markkapitalisering met US$800 miljoen verminder het.
Die twee en 'n half jaar gevangenisstraf is ses maande langer as die vorige langste vonnis wat in Amerika opgelê is vir die terugdatering van aandele-opsies. As deel van 'n ooreenkoms om hom terug te kry in Amerika, het aanklaers klagte van dwarsboming van die gereg en omkopery laat vaar en hom nie aangekla omdat hy op die vlug geslaan het nie.
Die pa van drie, wie se familie en vriende die hof volgesit het, is volgens aanklaers ongeveer US$100 miljoen werd en het gerieflik op 'n gholflandgoed in Namibië gewoon. Alexander se regsverteenwoordiger, Ben Brafman, het aangevoer dat hy 'n beskeie leefstyl gehandhaaf het en mildelik aan behoeftige Namibiërs gegee het.
Brafman het die hof gevra om gevangenisstraf van tussen 18 en 24 maande op te lê aangesien hy vrywillig na die land teruggekeer het om tereg te staan, maar Garaufis het dit as “lagwekkend” bestempel.
Die regter sê Alexander het 'n ooreenkoms aangegaan om na Brooklyn terug te keer omdat hy hom uiteindelik in Israel wil vestig en nie die res van sy lewe in Afrika wil bly nie. Garaufis het die hoop uitgespreek dat die 30 maande gevangenisstraf ander welaf misdadigers sal afskrik om op die vlug te slaan.
– Nampa/Reuters/Newsday

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie