Klopjag op voerkrale in SA uitgevoer
Stel glo pryse vas
Vida Booysen - Dit is nou vleisprodusente se beurt om onder die Mededingingskommissie se jongste klopjag deur te loop – kort op die hakke van sy ondersoek na prysvasstelling onder varsproduk-markagente.
Die kommissie het middel Junie op 13 persele van sewe groot vleishandelaars toegeslaan.
“Die kommissie ondersoek beweerde oortredings van die Mededingingswet deur Karan Beef, Sparta, Chalmar Beef, Beefmaster Kimberley, Morgan Beef, Beefcor en Fabvleis, wat as Midlands Meat sake doen,” lui ’n verklaring van die kommissie.
Die maatskappye, wat vanuit Gauteng, die Vrystaat en die Noord-Kaap sake doen, is verskaffers wat ook voerkrale bedryf. Hulle koop speenkalwers van boere aan en rond hulle dan in voerkrale af voordat hulle geslag word.
Die maatskappye verkoop ook beesvleis aan groot- en kleinhandelaars.
“Die vleisverskaffers het na bewering ooreengekom of saamgespan om pryse en handelstoestande vas te stel wanneer speenkalwers van boere gekoop word,” lui die verklaring.
Daar word verder beweer dat die ondernemings ooreengekom het om die pryse vas te stel waarteen hulle vleis aan die groot- en kleinhandel verkoop.
“Die vleisbedryf vorm ’n belangrike deel van die voedselsektor – wat een van die kommissie se voorkeur-sektore is – en hy bly toegewy daaraan om samespanning in die voedselsektor as geheel te beveg.”
Die Mededingingskommissie ondersoek ook tans beweerde prysvasstelling en kartelbedrywighede deur van die grootste agente by varsproduktemarkte. –Volksblad/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie