Klop aan ons deur
Klop aan ons deur

Klop aan ons deur

Audrey Van Der Westhuizen
KLAGTES:

1) Regtig, FNB Rehoboth-tak, julle diens is pateties!!! Een teller op 'n einde van die maand. Mens moet 'n hele uur staan voordat jy gehelp word. "Mark my word", julle gaan kliënte verloor.

2) As vakansietydbesoekers oor die jare op Hentiesbaai het ons nog altyd by ENB/FNB ATM geldontrekkingsmasjiene probleme ondervind. Meeste van die kere is dit wanneer die twee FNB ATM plekke uit geld uit raak. Dis baie swak en erg ongerieflik en ek gaan dit rapporteer.

REAKSIE:

Elzita Beukes, kommunikasiebestuurder van FNB Namibia, skryf:

Hiermee FNB se reaksie op albei die betrokke klagtes van die afgelope weke as volg:

Ons bedank ons kliënte wat ons van die gemelde probleme ingelig het. Ondersoek hierna word gedoen en die gepaste regstellende maatreëls sal getref word.

Soos altyd rig ons weer die versoek dat kliënte enige terugvoering, aanmerkings en klagtes sonder verwyl met behulp van ons kliëntedienslyn (+264 61 299 2222) of [email protected] direk aan ons sal rig.

Kommentaar

Republikein 2025-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer