Klipgooiery op die grens

27 October 2021 | Misdaad
Augetto Graig - Die Namibiese polisie het ’n voorval van klipgooiery en onrus Dinsdagoggend by die Katima Mulilo grenspos met Zambië bevestig.
Volgens Nampol se hoofwoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het lede van die mag omstreeks 10:30 ’n groep jong Zambiërs aangetref wat aan die Namibiese kant van die grens kleinhandel bedryf het.
Sy sê die jongmense het die polisiebeamptes met klippe bestook toe hulle gevra is om na Zambië terug te keer.
“Die situasie het vererger totdat een Nampol-beampte van sy weerkaatsende baadjie beroof is en nog ’n vrouebeampte geval het. Nog ’n polisiebeampte het ’n waarskuwingskoot afgevuur en haar gered. Die situasie het verder vererger en dit word beweer dat ’n Zambiese beampte ook met sy AK-17 een waarskuwingskoot geskiet het,” sê sy.
Drie Zambiese burgers (twee mans en ’n vrou) is tydelik deur die Namibiese polisie met hul koelboks en ander goedere aangehou nadat hulle aan die Namibiese kant skuiling gesoek het, maar is later weer aan die Zambiese owerhede oorhandig, sê sy.
Nampol se hoofkantoor wag nog op ’n volledige verslag, het Shikwambi gesê.

Soortgelyk

 

Nuwe variant op voorstoep

4 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië is altyd bekommerd oor die teenwoordigheid van virusse in welke vorm ook al en veral wanneer 80% van die bevolking nie ingeënt is...

’n Legende se arendsblik op die wêreld

4 ure gelede | Byvoegsels

“Rara Avis” is ’n Latynse term vir “skaars voël”. Dit verwys ook na ’n ongewone of uitsonderlike mens of voorwerp. Paul van Schalkwyk was beide....

Operasanger wil musiekdroom verwesenlik

4 ure gelede | Byvoegsels

Die plaaslike operasanger Gláucio Ngaca het onlangs ’n uitnodiging ontvang om ’n meesterklasreeks in stemopleiding en uitvoering in Duitsland by te woon. Hy is tans...

Nghiwete-skadu hang nog oor NSFAF

4 ure gelede | Ministeries

Augetto GraigDie nalatenskap van die eerste uitvoerende hoof van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) kniehalter steeds pogings om boekhouding by die instansie reg...

Weer vir 26 November 2021

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm in die ||Kharasstreek en die noordooste met enkele tot geïsoleerde donderbuie in die verre suidweste en...

Windhoek se geldsake nie só duister

4 ure gelede | Regering

Augetto Graig Die hoofstad se geldsake is nie so benard soos aangedui in ’n onlangse ouditeursverslag wat verlede week in die parlement ter tafel...

Vat jou woef vir ’n pretstap

4 ure gelede | Gemeenskap

Yolanda NelIn ’n poging om broodnodige geld vir die staatsveearts se praktyk op Okahandja in te samel, word ’n heerlike pretstap vir môre beplan.Volgens die...

Shangula open nuwe mediese sentrum

4 ure gelede | Ministeries

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het die mediese sentrum, Treeside, amptelik in Windhoek geopen.Shangula sê die private sektor se belegging...

Aanlyn geweld 'n werklikheid

4 ure gelede | Tegnologie

Henriette LamprechtDigitale geweld is verwoestend, grensloos en dikwels anoniem, met meer as 85% van vroue en meisies wat dit al aanlyn ervaar het of die...