Klip in pad vir studente
Geen venues is meer in Namibië beskikbaar vir die aflê van vaardigheidstoetse vir Suid-Afrikaanse universiteite nie.
Henriette Lamprecht - Voornemende Namibiese studente wat in Suid-Afrika wil studeer, kan nie meer aanlyn registreer en die eksamen vir nasionale gereedheidstoetse vir universiteite (NBT) plaaslik aflê nie.
Dié besluit is verlede jaar deur die National Benchmark Testproject geneem dat geen venues meer in Namibië vir die aflê van die toetse beskikbaar is nie. Die NBT meet akademiese gereedheid vir universiteite, terwyl die NBT-projek ‘n nasionale inisiatief is wat deur Universiteite Suid-Afrika (voorheen bekend as Hoër Onderrig Suid-Afrika: HESA) bestuur word. Sommige Suid-Afrikaanse universiteite gebruik NBT’s bykomend tot die Nasionale Senior Sertifikaat (NSC) vir toegang tot hoër onderrig, terwyl ander die toetse gebruik om die tipe leerondersteuning te bepaal wat ‘n student tydens sy studies sal nodig hê.
Die NBT-verwysingnommer word vereis vir aansoeke tot die meeste universiteite of tersiêre instellings in Suid-Afrika.
‘n Konsultant by die NBT-projek in Suid-Afrika het die besluit bevestig, maar wou op navraag nie uitwei oor die rede hiervoor nie. Volgens die konsultant kan skole wel as ‘n toetssentrum registreer, sou daar belangstelling van 30 of meer leerlinge vir die toetse is. Sy het navrae na me. Maretha du Plessis by die privaatskool Windhoek Gimnasium verwys wat nou probeer om die skool as ‘n toetssentrum buite Suid-Afrika te registreer.
“Ons (Windhoek Gimnasium) het aansoek gedoen om ‘n ‘afgeleë’ sentrum te wees, maar wag nog op ‘n antwoord van NBT,” het Du Plessis bevestig.
Sou die NBT goedkeuring vir die registrasie van die sentrum in Namibië verleen, is die tentatiewe datum vir die aflegging van die toets Sondag 26 Mei.
Volgens Du Plessis is die skool vroeër vanjaar laat weet daara sal nie langer venues vir die aflê van die toetse in Namibië beskikbaar wees nie. In die verlede is die koste vir die toesighouers en koerier van vraestelle na Suid-Afrika volgens haar deur die NBT-projek gedra.
Sy het voorts gesê sodra die skool ‘n positiewe antwoord het, ouers oor die registrasieproses en die koste verbonde aan die aflê van toetse ingelig sal word.
“NBT dek slegs die koste van die koerier en die toesighouers as die groep uit 30 of meer leerlinge bestaan. As die groep kleiner as 30 leerlinge is, sal ouers dié koste bykomend tot die registrasiefooie moet dra,” het sy gesê.
Sy het beklemtoon nie net voornemende leerlinge van Windhoek Gimnasium sal die toets by die skool kan aflê nie, maar wel ook leerlinge van ander skole in die land. Ouers wat enige navrae het, kan Du Plessis by (061) 223 295 skakel.
‘n “Afgeleë” (remote) student is volgens die NBT-projek iemand wat nie by 'n instelling kan skryf wat gewoonlik die nasionale toetse gefasiliteer het nie. Dit is gewoonlik ‘n leerling in ‘n ander land of in ‘n gebied te afgeleë om binne ‘n redelike tyd na die naaste toetssentrum te gaan.
Om as ‘n afgeleë student te registreer, moet ‘n toesighouer aangestel word wat volgens NBT-vereistes iemand met kredietwaardigheid is en nie ‘n vriend of familielid van die betrokke leerling is nie. Die leerling of voornemende student is in so ‘n geval verantwoordelik vir alle betalings vir die toesighouer, koerier, venue en toets. Die enigste lande wat tans by die NBT-projek as buitelandse toetssentrums geregistreer is, is in Botswana, Swaziland en Zimbabwe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie