'Kliniek g'n skrootwerf'
Henriette Lamprecht - Die eienaar van voertuie deel van 'n skrootwerf op die perseel van die Khomasdal-kliniek, is twee jaar gelede reeds opdrag gegee om dit te verwyder.
Dit het gister 'n opdrag direk van die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, geverg om te sorg dat van vraghouers tot vragmotors en skroot verwyder word. Volgens die direkteur van gesondheid in die Khomasstreek is die eienaar reeds twee jaar gelede opdrag gegee om dit te verwyder.
"Dit is ondanks herhaalde versoeke nooit gedoen nie," het me. Elizabeth Muremi by navraag gesê. Volgens Muremi is Maandag reeds met die verwydering van die voertuie en wrakke deur die ministerie en die eienaar begin. Die ontruiming moet in opdrag van die ministerie teen vandag voltooi wees.
Muremi het gemaan dit is onwettig om goedere op die perseel van die ministerie te stoor waarop die kliniek geleë is.
"Dit word nie toegelaat nie, dit is die eiendom van die ministerie." Die Namibiese polisie het 'n wakende oog oor die ontruiming gehou. Inwoners wat oorkant die kliniek geleë is, het verlede jaar gekla oor olie wat gelek het uit transformators wat hier gestoor word en in hul erf beland het. Dit is later verwyder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie