Klimme in Alpe ’n leerskool vir Miller
Bergfietsry
Andrew Poolman – Die skouspelagtige bergpieke van die Oostenrykse ski-oord Leogang het Sondag ’n besonder uitdagende roete ingehou vir die Wêreldbeker-bergfietsbyeenkoms waaraan Namibië se twee Olimpiese keuses ook deelgeneem het.
Die 20-jarige Alex Miller het in die mans onder 23-resies die 32ste posisie ingeneem, terwyl Michelle Vorster om gesondheidsredes nie die elite vrouewedren kon voltooi nie.
Miller sê sy vooraf mikpunt was om te probeer verbeter op die 26ste posisie wat hy by sy vorige deelname by Novo Mesto in Slovenië behaal het, maar onder die omstandighede was dit bitter moeilik. Kommentators het Sondag se roete as die strafste klimwerk van die seisoen beskryf.
“Die roete het my nie juis gepas nie. In die vorige dae het dit nogal baie gereën en die afdraandpaadjies was dus baie glibberig, terwyl die klimdele besonder steil is. In die algemeen was dit ’n baie moeilike baan om te ry en dit het nogal jou lyf seer gemaak.
“Twee-en-dertigste (uit 97 wat weggespring het en 66 wat klaargemaak het sonder om van die baan afgehaal te word wanneer hulle deur die voorlopers ingehaal is) is nie ’n swak posisie nie, maar ek het vir beter gehoop.
“Ek het heel skaflik weggespring en ná die eerste paar baanrondtes was ek in die 21ste en 22ste posisies, maar teen rondte 5 was my bene skielik nie meer daar nie. Ek het darem oor die laaste rondte herstel en weer ’n paar posisies ingehaal.
“My voorbereiding vir die Olimpiese Spele is op koers. My lyf voel goed, ek het goed ingeskakel by my spanmaats (die beroepspan Team Trek Vaude) en ek weet ek is tot beter in staat. Ek sien uit na my volgende byeenkomste.
“Om so gereeld in sterk kompetisies mee te ding, is baie leersaam. In elke byeenkoms kry mens iets wat jy vorentoe kan saamdra.”
Die o.23-mansresies is gewen deur Amos Riley van die VSA (1 uur 08 minute 26 sekondes), met Martin Vidaurre (Chili) en Joel Roth (Switserland) ook op die podium. Miller was sowat ses minute ná die wenner.
• Michelle Vorster sê sy is teleurgesteld dat sy gedurende die resies ’n “erge siek gevoel” beleef het en die stryd gewonne moes gee ten einde ’n mediese ndersoek te laat doen.
“Ek is baie hartseer dat ek moes onttrek toe ek nie wel gevoel het nie, maar ek is opgewonde om reg te wees vir die volgende kompetisie (’n Franse Bekerbyeenkoms op 27 Junie).”
FOTO
Alex Miller gee sy beste tydens Sondag se Wêreldbeker-byeenkoms in Leogang, Oostenryk. Foto Facebook

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie