Klimaat se impak op walvisse bestudeer

Die Suidelike Yssee se ikoniese boggelrugwalvisspesies is die fokus van ’n omvattende navorsingsprojek.
Francoise Steynberg
Die Walvis- en Klimaatnavorsingsprogram betrek 25 navorsers van ses lande en wil modelle van die verspreiding van boggelrugwalvisse onder toekomstige klimaatsveranderingscenario’s skep en ondersoek instel na hoe oseaanveranderinge hul bevolkingstatus en -bewaring beïnvloed.

Die navorsingsprojek, die eerste ter wêreld, streef om te verstaan watter invloed veranderinge in die oseaan op die herstel van boggelrugwalvisbevolkings in die Suidelike Halfrond uitoefen.

Gedurende die vorige eeu is boggelrugwalvisse se bevolkings erg deur moderne vangpraktyke uitgedun, met vangste van meer as 220 000 individuele walvisse tussen 1904 en 1972 (van ’n bestaande populasie van ongeveer 140 000 wat moderne walvisvangpraktyke voorafgegaan het).

Vandat beskermingsmaatreëls in die 1960s en 1970s ingestel is, het sekere bevolkings se getalle begin herstel.

Die Walvis- en Klimaatsnavorsingsprogram is in die lewe geroep deur prof. Alakendra Roychoudhury, ’n omgewingsgeochemikus in die departement aardwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch (US), in samewerking met prof. Brendan Mackey, direkteur van die Griffith klimaatsverandering-reaksieprogram by Griffith Universiteit in Australië.

Die navorsingspan sluit ook prof. Ken Findlay, ’n walvisdeskundige van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT), medeprofessor Marcello Vichi, ’n oseanograaf van die Universiteit van Kaapstad (UK) en navorsers van vier navorsingsinstellings in Suid-Amerika in.

Roychoudhury sê die Suidelike Yssee is grootliks onnagevors en daar is ’n dringende behoefte aan seisoenale, sowel as langtermyn observasies van hierdie wyd uitgestrekte oseaan: “’n Tekort aan empiriese data veroorsaak ’n skewe prentjie in klimaatsmodelle, en skep onsekerheid.

“Onlangse observasies van wisseling in koolstofdioksiedvlakke – ’n groot aandrywer van klimaatsverandering – dui op ’n verandering in gedrag van die Suidelike Yssee, aansienlik anders as wat ons tot dusver op grond van klimatologie en satellietdata kon vasstel”.

Volgens Findlay van KSUT, doen die projek baanbrekerswerk in die kombinering van historiese en meer onlangse langtermyn datastelle met toekomstige scenario’s in verskeie streke in die Suidelike Halfrond.

Die navorsingspan van KSUT sal diep delf in hierdie datastelle: “Ons hoop om variasies in seisoenale toeloop en die verspreiding van walvisse te identifiseer en verbande te trek tussen hierdie waarnemings en die veranderinge in die oseanografie en biochemie wat oor dieselfde tydperk in die Suidelike Yssee plaasvind,” verduidelik hy.

Vichi van UK sê die kombinasies van hierdie verskillende datastelle verteenwoordig ’n kragtige hulpmiddel ten einde veranderinge in die verspreiding van walvisse te verstaan, en sal ook dien as bevestiging van klimaatsmodelle.

“Die gelyktydige gebruik van oseaanmodelle en walvisobservasienetwerke, kan ons help om die onlangse groot versameling van boggelrugwalvisse, ook genoem supergroepe, te verstaan wat ons langs die Wes-Kaapse en Namibiese kus opgemerk het,” voeg hy by.

Mackey van Griffith Universiteit sê die ses jaar lange navorsingsprogram sal ’n fundamentale begrip vestig van hoe veranderende oseaantoestande die getalle van boggelrugwalvisbevolkings herstel.

“Klimaatsverandering is drasties besig om ekosisteme te verander en ons oseane ondergaan snelle veranderinge wat mariene lewe beïnvloed. Die projek sal ook aanpassende scenario’s ontwikkel vir die bevordering van walvisbeskermingsbeleide en -programme,” sê Mackey.

Dr. Olaf Meynecke, ’n walvisnavorser van Griffith Universiteit sê oor die afgelope dekade het ’n nuwe begrip aan die lig gekom van die belangrike rol wat walvisse as ingenieurs van ekosisteem speel.

“Onlangse navorsing toon dat tandlose walvisse ’n integrale rol speel om die boonste 80 meter van die oseaan te herbemes - die fotiese sone waar ligdeurdringing primêre produktiwiteit dryf.

“Walvisse dien ook as hersirkuleerders deurdat hulle die ystermikronutriënte tot die boonste gedeelte van die oseaan beperk, aangesien hulle van die ysterryke Antarktiese planktonkrefies leef.”

Die navorsingspanne van Brasilië, Chili, Ecuador en Panama sal ondersoek instel na die gedetailleerde beweging van die boggelrugwalvisbevolking aan die Suid-Amerikaanse weskus.

Gedurende die suidelike somer, migreer hierdie populasies na die weivelde in die koue waters van suidelike Chili en die Antarktiese Skiereiland.

Die westelike Antarktiese Skiereiland het egter ’n drastiese toename in hitte beleef. “Daar is sterk wetenskaplike bewyse dat hierdie verwarming die ekosisteem beïnvloed,” sê prof. Eduardo Secchi, van die Federale Universiteit van Rio Grande.

Die projek strek oor ses jaar en bestaan uit ’n span wetenskaplikes, mariene ekoloë en oseanograwe.

Verskeie navorsingsvaarte na, en veldwerk in die weivelde en teelplekke van teikenpopulasies in Antarktika en die kuslyne van Australië, Afrika en Suid-Amerika is geskeduleer. Die Walvis- en Klimaatnavorsingsprogram word by Griffith Universiteit gehuisves.

Die boggelrugwalvismigrasiemodelle en relevante projekinligting sal by www.whalesandclimate.org beskikbaar wees.

(BLOKKIE)

Feite oor die Walvis- en Klimaatnavorsingsprogram

• Projek se tydsduur: Sowat 6 jaar

• Totale begroting: AUD 7 miljoen (N$80 miljoen)

• Projekspan bestaan uit 16 voltydse navorsers en sewe navorsingsgenote, asook 14 nagraadse studente

• Gesamentlike Antarktiese reise reeds voltooi: 4

• Databasis van huidige walvisgetalle: 73 132

• Rekord van walvisvangste in databasis: 215 928

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%