Kleuter sterf ná pot kookwater op hom val
'n Driejarige seuntjie van Mondesa, Swakopmund, is Sondag dood, nadat sy boetie (5) 'n pot kookwater op hom afgetrek het. Volgens die polisie in die Erongostreek was die twee boeties buite hul huis in die erf waar 'n pot kookwater op die vuur was, terwyl hul ma binne in die huis was. Na bewering het die boetie die pot van die vuur probeer verwyder, toe dit op Simeon Innocent Simeon geval en hom erg verbrand het waar hy by die vuur gesit het. Die seuns se ma het volgens haar nie taxigeld gehad om Simeon hospitaal toe te vat nie. Sondag omstreeks 08:00 het sy gesien die seuntjie is dood. Die polisie ondersoek 'n saak van kinderverwaarlosing onder die kindersorg en -beskermingswet.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie