Kleurryke Pik Botha sterf op 86
Ronelle Rademeyer – Die afgelope naweek is selfs in die internasionale nuus wyd berig oor die afsterwe van die kleurryke en legendariese voormalige minister van buitelandse sake in Suid-Afrika, mnr. Pik Botha (86).
Sy dood volg drie maande nadat Namibië se ewe legendariese voormalige minister van buitelandse sake, dr. Theo-Ben Gurirab, in die ouderdom van 80 jaar dood is.
Botha is omstreeks 06:00 Vrydagoggend in sy huis in Akasia, Pretoria, aan orgaanversaking dood.
Hy was vir 17 jaar die buurland se minister van buitelandse sake en het in die regerings van mnre. John Vorster, PW Botha, FW de Klerk en Nelson Mandela gedien.
Hy is deur die Namibiese veteraan-politikus en een van die argitekte van onafhanklikwording, mnr. Dirk Mudge (90), aan Netwerk24 beskryf as iemand “wat die kuns van politieke oorlewing bemeester het”.
Theresa Papenfus skryf in die biografie Pik Botha en sy tyd sy grootste nalatenskap was nie as binnelandse politikus nie, maar as minister van buitelandse sake en die belangrike rol wat hy in die oorgangspolitiek in die streek gespeel het.
Sy meen Namibië se onafhanklikwording in 1990 as deel van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad-resolusie 435 van 1987 was “sy groot projek”. Dit het die Grensoorlog beëindig en die Kubaanse onttrekking met ’n gelyktydige Suid-Afrikaanse onttrekking gekoppel.
Botha laat sy vrou, Ina, en sy seuns, Roelof en Piet, en dogters, Anna en Lien, agter.
Netwerk24 berig reëlings vir sy begrafnis is nog nie gefinaliseer nie, maar dit sal waarskynlik op 23 Oktober in Pretoria plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie