Kleinveebemarking: Nuwe voorstelle ingedien
’n Werkgroep hoop om uiteindelik langtermynoplossings betreffende kleinveebemarking te vind en ’n einde aan ‘n 12 jaar lange dispuut te bring.
Elvira Hattingh - Voorstelle om die 1:1-kleinveebemarkingskema te behou, die huidige uitvoerheffings op velle met ’n uitvoerskema te vervang en om in gesprek te tree met die kommissaris van binnelandse inkomste sodat BTW-eise deur slagplase vinniger verwerk kan word, is onlangs by die ministerie van landbou, water en bosbou ingedien.
Dit volg nadat die Vleisraad van Namibië tot voorsitter verkies is van ’n werkgroep wat in Julie vanjaar deur die ministerie saamgestel is om aan ’n langtermynoplossing vir skaapbemarking in Namibië te werk.
Die Vleisraad sê ná verskeie vergaderings deur die werkgroep, is konsensus eindelik bereik wat tot die indiening van onder meer bogenoemde voorstelle gelei het.
Dit volg nadat die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) hom in Oktober vanjaar tydens sy jaarkongres skerp oor die toestand van kleinveebemarking in die land uitgespreek het en gesê het daar bestaan geen insig in die dinamika hiervan of begrip van die uitdagings van die bedryf nie.
Die LPO het sy kommer uitgespreek nadat ’n gesamentlike voorstel vir die langtermyn-bemarkingstrategie van kleinvee, wat in November 2015 by die kabinetskomitee ingedien is, na die ministerie van landbou, water en bosbou teruggestuur is omdat dit glo nie genoeg klem op waardetoevoeging en werkskepping gelê het nie.
Tydens die kongres is dit duidelik gemaak dat kleinveeprodusente gefrustreer is omdat die dispuut oor die bemarkingskema van 12 jaar lank, weer op die tafel is.
Terselfdertyd het mnr. Len de Jager, Windhoekse streekverteenwoordiger van die LPO, gemeen die regering veroorsaak dat plaaslike abattoirs nie ’n kompeterende prys aan kleinveeprodusente kan bied nie en dat die LPO homself distansieer van enige verdere wysigings in die kleinveebemarkingskema wat die bemarking van skaap bemoeilik.
Die rede hiervoor is onder meer omdat ’n 60%-heffing op rou velle geëis word, terwyl swak verwerking van BTW ’n kontantvloeiprobleem vir abattoirs skep. Dit lei tot die onderbenutting van slagkapasiteit wat bedryfskoste verhoog.
“Die NLU staan by die voorstel dat die 1:1-skema behoue moet bly totdat probleme uit die weg geruim word wat plaaslike abattoirs in staat sal stel om mededingende pryse te betaal,” het De Jager tydens die kongres gesê.
“Die 1:1-skema was net ’n tydelike vergunning tydens die droogte en nou wil die regering weer terugbeweeg na die 6:1-skema, wat bepaal dat vir elke skaap wat die land lewend verlaat, ses binnelands geslag moet word.
“Daar word voorgestel dat BTW weer op alle lewendehawe-transaksies ingestel word – terwyl uitstaande BTW-kwessies dikwels nie eens afgehandel word nie.”
De Jager het tydens die kongres gesê die kleinveebemarkingskema tesame met bogenoemde punte, lei tot die drastiese agteruitgang van die plaaslike kleinveebedryf.
“Tussen Januarie en einde Augustus is gemiddeld 36% van die slagkapasiteit in plaaslike kleinvee-abattoirs benut. In Maart was die Brukkaros-abattoir op sy besigste, toe sowat 50% van sy kapasiteit gebruik is,” het hy gesê.
Volgens hom is jaarliks meer as ’n miljoen skape 12 jaar gelede bemark, vergeleke met verlede jaar toe net sowat 838 225 skape geslag of lewend uitgevoer is. Vanjaar vertoon die situasie swakker en sou die bemarking van slegs sowat 60 000 skape per maand volgehou word, sal altesaam slegs 720 000 vanjaar bemark word.
Die LPO meen die huidige toestand kan daartoe lei dat meer kleinvee-abattoirs hul deure sal moet sluit en kleinveeboere gedwing sal word om ander boerderye te oorweeg.
“Statistieke toon as abattoirs mededingende pryse sou betaal, bykans geen skape die land sou verlaat het nie. Produsente verkies om hul vee plaaslik te slag, maar nie ten koste van hulself nie,” het die destydse LPO-voorsitter, mnr. Mecki Schneider gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie