Kleinhandel bly onder druk, maan kenners
Kleinhandel bly onder druk, maan kenners

Kleinhandel bly onder druk, maan kenners

Die langtermyntendens van kleinhandelverkope neig steeds swakker. Ten spyte van die sprong in verkope in November, gaan groei in 2017 bly afneem.
Estelle de Bruyn
Nellie Brand-Jonker



Die vooruitsigte vir verbruikersbesteding vir 2017 lyk ongunstig, meen Kevin Lings, hoofekonoom van Stanlib.

Die groei van 3,5% op 'n maandgrondslag in November in reële kleinhandelverkope was beter as die mark se verwagting van 0,8%.

Hy meen soos ander kenners dit kan waarskynlik aan Swart Vrydag toegeskryf word.

Die jaarsyfers van 3,8%-groei in verkope in reële terme is ook bo die markverwagting, veral nadat die jaarsyfers in Oktober gekrimp het. Die mark het verwag verkope gaan met 0,4% op 'n jaargrondslag daal.



Geen verligting in sig

Lings sê betreklik lae inflasie (4,6%) het verbruikers in 2015 gehelp, maar dit het in 2016 stelselmatig verander. Die inflasiekoers het in 2016 gestyg en die Reserwebank het vroeg in die jaar rentekoerse verhoog.

Verbruikers het gevolglik minder geld gehad om in winkels te bestee.

Terselfdertyd het verbruikersvertroue ver onder die langtermyngemiddelde geval.

Hy verwag 'n skerp belastingver­hoging gaan in Februarie in die minister van finansies se begroting aangekondig word.

“Al hierdie faktore gaan heel waar­skynlik die groei in kleinhandelverkope laat verlangsaam in die eerste helfte van 2017.”

John Loos, strateeg vir huishoudings en eiendom van FNB, sê ook die November-syfer is onverwags omdat niks in die ekonomie verander het om die skielike verandering te verduidelik nie.

Hy sê net Desember se verkope sal lig kan werp op die rede vir die verandering en of dit met Swart Vrydag se verkope verband hou.

Hy verwag verkope gaan vir die hele 2016 2,2% hoër wees en in 2017 nog minder, teen 0,6%, groei.

Die onderliggende kleinhandelkategorieë vir algemene handelaars, meubels en klere sukkel.

“Dié drie kategorieë is normaalweg goeie aanwysers van waar in die sake- en verbruikersiklus ons is, en dit toon nog nie wesenlike bemoedigende tekens nie.”



Reeds ingeprys

Kleinhandelaars het die afgelope week nie baie goeie verkoopsyfers vir die afgelope kwartaal uitgereik nie.

Maar al het die handelsoorsigte in baie gevalle teleurgestel, het kleinhandelaars se aandeelpryse redelik goed gestyg sedert begin Januarie: Truworths met 4%; Woolworths met amper 3%; The Foschini Group (TFG) met 3%; Massmart met 3% en Holdsport met 3%.

Die aandeelpryse van Shoprite (4,4%); Pick n Pay (amper 6%) en Clicks (amper 3%) het ook gestyg.

Die uitsondering is Mr Price en Lewis wat met onderskeidelik 4% en 12% gedaal het.

Etienne Eloff, 'n portefeuljebestuurder van FNB Sekuriteite, sê hoewel die handelsoorsigte swak was, was die slegte nuus grootliks reeds in die aandeelpryse ingeprys.

Adrian Cloete, portefeuljebestuurder van PSG Wealth, sê sedert die middel van Augustus het Woolworths, Massmart, Truworths en Mr Price se aandeelpryse begin daal namate verbruikers onder toenemende druk was, die strenger nuwe kredietwetgewing in werking getree het en ont­leders verbruikersaandele se verdienstevooruitskattings begin afskaal het.

“Verbruikersaandeelpryse het dus die laaste vyf maande of so die swakker resultate begin inprys,” sê hy.

Volgens kommentaar van die mark was al die maatskappye se handelsoorsigte wat die afgelope week uitgereik is, baie gedemp, maar beter as wat gevrees is.

“Omdat die mark klaar redelik neerslagtige handelsoorsigte verwag het en die aandeelpryse dit klaar weerspieël het, was dit nie onverwags dat die aandeelpryse op die dag van die aankondigings in die meeste gevalle gestyg het nie.”



Nog te vroeg

Cloete maan dit is nog vroeg in die siklus vir verbruikersaandele.

“Dit sal verstandig wees om eers te sien hoe die finansiële resultate vir die ses maande tot Junie 2017 lyk om 'n beter gevoel te kry van die verbruikersaandele se vooruitsigte.”

Die styging in verbruikersaandele in Januarie is swakker as die top-40-indeks se styging van 4,9%. 

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%