Klein bakkie rol - kind sterf
Des Erasmus - ’n Kind het Sondagmiddag gesterf na ’n kleinerige bakkie sowat 50 km noord van Okahandja die pad verlaat en gerol het.
Daar was nege insittendes in die bakkie.
’n Paramedikus van Swakopmund, mnr. Terence Ward, het op die ongeluk afgekom. Dit het gelyk of een van die bakkie se bande gebars het en die bestuurder toe beheer verloor het. Dit sou die voertuig verskeie kere laat rol het. Die name van die kind wat gesterf het en die oorblywende insittendes is nie bekend nie.
Twee van die agt oorblywende insittendes het ernstige beserings opgedoen en is vir behandeling Windhoek toe geneem. Die ander ses het geringe beserings opgedoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie