Klas van 1982 'n baken van hoop
Klas van 1982 'n baken van hoop

Klas van 1982 'n baken van hoop

Die groep, Class of 82 Legends, beplan altesaam 40 projekte en uitreike vir volgende jaar.
Tanja Bause
Tanja Bause – “Almal wat in 1982 gebore is, is welkom om by ons groep, Class of 82 Legends, aan te sluit en saam kan ons landswyd 'n verskil in mense se lewens maak,” het mnr. Ettizzen Tsuseb, voorsitter van die groep, gesê.

Die groep is in Februarie 2019 gestig ná 'n kerkdiens by die Bet El Lutherse Kerk waar mnr. Michael Haman, die stigter van die groep, as 'n gasspreker opgetree het.

“Terwyl ek in die banke sit, hoor ek die oproep vir finansiële ondersteuning om die pastorie op te knap. Ek het gedink ek kan beslis iets bydra, maar ook gedink as ek nog mense langs my het, kan ons soveel meer vermag. Ek het vorentoe gegaan en by die podium gaan staan en gevra mense wat in 1982 gebore is, moet asseblief vorentoe kom.

“Ses mense het opgestaan en terwyl hulle vorentoe geloop het, het ek gesê diegene wat nou hier kom staan, sal N$1 000 bydra. Iemand het gesê: 'Nee, ons sal N$2 000 bydra' en dis wat ons gedoen het,” het Haman gesê.

Ná die kerkdiens het almal na Haman se huis gegaan en hulle het besluit daar was dalk mense wat nie die diens bygewoon het nie wat belang sou stel om deel van die groep te wees.

“Ons het 'n WhatsApp-groep gestig en die woord is versprei. Mense het begin aansluit en nou is ons sowat 100 lede van oraloor die land,” het Tsuseb gesê.

“Ek kan kos en toiletware vir minderbevoorregtes in die gemeenskap uitdeel, maar wanneer ons dit saam as 'n groep doen, kan ons so veel meer bereik, doen en help,“ het Haman gesê.

Die groep het al na Rehoboth, Windhoek en Otjiwarongo uitgereik waar hulle kos en toiletware aan minderbevoorregte gemeenskappe gegee het.

“Ons was ook by die skool in Dordabis en daar was 'n seuntjie wat in 'n rolstoel was. Hy woon by sy oupa en ons het besluit om hom aan te neem. Ons koop nou al sy toiletware en ons wil vir hulle 'n sementvloer by hul huis gooi om hulle lewens te verbeter,” het Haman gesê.

Die Class of 82 Legends het besluit dit help nie om net kos aan mense te voorsien nie, want wat van môre?

“Ons is 'n groot groep met verskillende vaardighede en ons het besluit ons gaan vanaf volgende jaar liewers vir mense onder meer leer om groente aan te plant en sodoende kan hulle selfversorgend word,” het Tsuseb gesê.

Die groep kry geen finansiële ondersteuning nie en doen al hul projekte en uitreike met die N$100 wat elke lid maandeliks betaal.



VOLGENDE JAAR

Aangesien al die lede volgende jaar 40 jaar oud word, het hulle besluit om 40 projekte en uitreike te doen.

Een van die grootste projekte wat die groep beplan, is in Gainachas in die Berseba-omgewing in die ||Kharasstreek.

“Dit is Michael se geboortedorp en hy is die stigter van die groep, so ons wil aan sy tuisdorp teruggee. Ons wil die sokkerveld omhein en toilette bou. Ons wil ook vir hulle 'n klein saal bou wat hulle vir funksies kan uitverhuur en sodoende kan die gemeenskap 'n inkomste genereer,” het Tsuseb gesê.

“Die Windhoek-groep beplan om in Januarie na Gobabis uit te reik. Die Erongo-groep sal na Hentiesbaai uitreik en die lede op Otjiwarongo na Kalkfeld. Ons is 100 mense op die WhatsApp-groep en ek het hulle in vier groepe ingedeel. Die groep in ||Kharas en Hardap, die een in Erongo en die op Otjiwarongo wat dan vir Rundu en Khorixas insluit. Laastens is daar die sentrale groep in Windhoek en twee lede van Buitepos.

“Ek het dit so gedoen dat elke groep in hul eie dorpe en streke kan uitreik,” het hy gesê.



SOOS FAMILIE

Die lede van die Class of 82 sien mekaar as broers en susters.

“Ons het 'n familie geword wat na mekaar omsien. Ons het lede tydens die Covid-19-pandemie verloor en ons het almal ingespring en met die begrafnisreëlings gehelp en die familie ondersteun. Niemand wat aan Class of 82 behoort, sal agtergelaat word nie,” het Tsuseb gesê.

Mense wat in 1982 gebore is en by die groep wil aansluit en sodoende 'n verskil wil maak, kan 'n foto van hul identiteitsdokument na 081 420 1326 stuur.
[email protected]

FOTO
Mnre. Ettizzen Tsuseb, die voorsitter, en Michael Haman, stigter van die Class of 82 Legends groep. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%