Klankman Swartsie groet

Augetto Graig
Augetto Graig - Die Namibiese musiekwêreld is in rou gedompel ná die bekende klankingenieur, mnr. Johan Eduard (Swartsie) Swart, Sondag oorlede is.

Swart is omstreek 09:45 in die hospitaal oorlede. Volgens sy vennoot van tien jaar, mnr. Michael Vermeulen, het Swart in Januarie vanjaar U329; driedubbele hartomleidingsoperasie ondergaan. Hy het Vrydag van pyn begin kla. Die dokters het bevind dat sy aorta gebars het wat ’n erge invloed op sy bloeddruk gehad het. Voor hulle sy bloeddruk kon stabiliseer, het sy niere opgehou om te funksioneer, wat uiteindelik sy dood veroorsaak het.

“Ons het vanoggend een van die grootste musiek- en klanklegendes van Namibië gegroet," het Vermeulen Sondag in ''n verklaring gesê.

Swart is op 8 September 1954 gebore en was die seun van die bekende haarkapper, Henk Swart.

Vermeulen het gesê Swart was bekend vir sy joviale persoonlikheid, as baskitaarspeler van formaat en mede-eienaar van die gewilde Mikeljes-klankmaatskappy. "Hy sal ook onthou word vir sy groot liefde vir sy gesin. Tot siens, ou resiesperd,” lui Vermeulen se verklaring.

Volgens sy lewenslange vriend, mnr. Paul Herbst, is dit U329; baie hartseer tyd vir almal wat vir Swart geken het. “Hy was U329; briljante man met U329; wonderlike sin vir humor. Ek onthou as kind toe ek my hare by sy pa laat sny het, was sy pa ook vol grappies. Hy was lief vir lag, maar ook vreeslik eerlik. Met hom was dit net soos hy dit gesê het en daar was geen plek vir snert nie,” vertel Herbst.

Hy en Swart het oor die jare saam in verskeie groepe gespeel, insluitend Just Jack en Takamisa Tuesday. Swart was ook U329; man met U329; liefde vir goeie kos en geselskap. “Tot vandag is die beste steak wat ek ooit geproe het, een wat hy op ''n middag vir my bedien het,” onthou Herbst. Die twee het gereeld saam getoer en vertonings gelewer voor Swart sy liefde vir klank in U329; besigheid omskep het.

“Hy was beslis een van die oorspronklike stigters van die klankbedryf wat Namibië vandag het,” sê Herbst. Hy onthou hoe Swart sy eerste vergoeding vir klankwerk vir U329; country-musiekfees op Walvisbaai verdien het.

Daarna het Swart na die hoofstad getrek om sy bedryf voltyds te bestuur. Volgens Herbst was Swart se sukses ongelooflik en die besigheid het gegroei in U329; bedryf wat toe nog onbekend in die land was. Hy skryf sy sukses aan sy vernuf toe: “Hy was net baie goed.”

Saam met mnr. Johan Louw van Jaylo Productions was Swart U329; pionier van die klankbedryf in Namibië. Mnr. David Benade van dB Audio Namibia stem saam: “Toe dB Audio Namibia in 2004 gestig is, was die tegniese geleentheidsbedryf in Namibië nog U329; baba. Ons het na Johan Louw en Swartsie as die twee pioniers in dié veld opgekyk.”

Mnr. Manuel Jacobs, dB Audio se bedryfsbestuurder, het bygevoeg: “Elke musikant wat al ooit in Namibië opgetree het, weet wie Swartsie is. Hy was ''n ware karakter wat ons almal baie sal mis.”

Swart laat sy vrou, twee dogters en een seun agter. Die roudiens vind Donderdag om 14:00 by die NG Kerk in Pionierspark plaas.

Kommentaar

Republikein 2026-03-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer