Kiwi’s toets skolespelers vir opkikkers
Rugby
Nieu-Seeland se voorste skolerugbyspelers gaan lukraak getoets word vir verbode middels by ’n gesaghebbende toernooi in Palmerston North in September.
Stuff.co.nz berig die besluit is geneem weens groeiende kommer dat hoërskoolspelers oor Nieu-Seeland heen opkikkers gebruik om aan toenemende druk te voldoen om te presteer.
“Die druk op eerstespanne in die land is enorm, so ook die druk op jong atlete,” sê Scott Tibbutt, voorsitter van Drugfree Sport NZ.
“Ons weet hulle maak gebruik van groot hoeveelhede aanvullings en dies meer, middels wat ons weet jong kinders nie veronderstel is om in te neem nie. Vrese bestaan ook dat daar dalk gevalle kan wees van kinders wat opsetlik verbode middels inneem. Ons gaan nie verseker weet voordat ons nie hierdie toetse doen nie.”
Volgens ’n steekproef wat in 2013 onder ongeveer 150 eerstespanspelers gedoen is, het 70% erken hulle neem vier of meer aanvullings, met 90% wat bekommerd was oor die veiligheid van die produkte wat hulle gebruik.
Twee van die respondente het erken hulle gebruik verbode middels.
“Ons wil nie onskuldige mense uitvang wat dalk ’n aanvulling geneem het wat ’n verbode middel bevat nie,” sê Tibbutt.
“Ons wil almal vooraf genoeg waarskuwing gee om seker te maak hulle is bewus van die reëls wat hulle moet volg en seker maak ons laat nie enige onskuldiges per ongeluk in die slaggat trap nie.” – Stuff.co.nz

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie