• Tuisblad
  • Weer
  • Kitsvloede môre vir Noorde, Omaheke voorspel

Kitsvloede môre vir Noorde, Omaheke voorspel

Francoise Steynberg
Die weerkantoor waarsku dat wydverspreide donderbuie môre oor die noordelike streke en die Omahekestreek verwag word waar kitsvloede tot die naweek kan plaasvind.

Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word.

Die binneland se voorspelling vir môre is gedeeltelik bewolk en baie warm in die Suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met geïsoleerde tot verspreide donderbuie. Wydverspreide donderbuie word plek-plek in die noordelike streke en die Omahekestsreek verwag.

Gister het goeie buie plek-plek geval met tot 50 mm by Tsumeb waar die pad na Otavi vanoggend verspoel en ongelukke veroorsaak het.

Ander reënvalsyfers wat vanoggend op die Facebook-blad Reën in Namibia aangemeld is, is Onguma Lodge naby Etosha 60 mm, ‘n plaas naby Rietfontein 50 mm, Grootfontein-dorp 34 mm, Otjiwarongo 35 mm, Outjo 26 mm, Klein Windhoek en Avis 16 mm, Olympia 8 mm, Okahandja 6 tot 9 mm, Out of Nature Lodge noord van Windhoek 9 mm, Plaas Okatjeru 50 km noordoos van Windhoek 6 mm, Ruacana 2,5 mm en Omaruru 1,5 mm en druppels op Swakopmund.

Foto’s: Charisma O'Callaghan sê die die sluise van die hemel was oop op Keetmanshoop.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer