Kitsvloed sleep toeriste mee
Tanja Bause - Vrydag het twee voertuie tydens ’n kitsvloed by die Remhoogtepas in die suide van die land weggespoel. Volgens Reën in Namibia se Facebook-blad was daar twee mans in ’n AfriCar Hire-bakkie. Die toeriste se huurvoertuig is met die rivier meegesleep en het teen ’n boom op sy sy tot stilstand gekom. Volgens me. Tanya Brown se kommentaar was een man in skok en die ander een het baie gegiggel en gedink dat dit ’n groot avontuur is. “Hulle is darem nou rustig en oukei,” het sy geskryf. Niemand is beseer in die ander voertuig wat meegesleep is nie.
Vrydag het ’n waterval by Bleskrans tussen Bullsport en Solitaire sterk afgekom nadat daar 25 mm geval het. Op die plaas Alberta wat 10 kilometer voor die Spreetshoogtepas geleë is het 10 mm geval, op die plaas Swartfontien bokant dieselfde pas het dit tussen 15 en 25 mm gereën en op die plaas Probeer onder die pas 14 mm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie