Kitskos-oorlog in VSA raak al feller
Groot kitskosrestaurante in die VSA wedywer om die grootste afslag te gee aan ’n krimpende getal besoekers.
Die kitskosprysoorlog het pas verdiep met McDonalds, die wêreld se grootste restaurantkettinggroep, wat sy nuwe spyskaart met goeie waarde vir geld bekend gestel het.
Dié aanbod, wat onder meer items soos hoenderstukkies, Happy Meals, koeldrank en die Egg McMuffin insluit, sal ’n aantal opsies vir onder US$3 bied in ’n poging om klante te lok.
Met die aantal besoeke aan kitskoseetplekke in die VSA wat na verwagting nie volgende jaar gaan styg nie, probeer die groot kettinggroepe markaandeel behou deur groot afslag en spesiale aanbiedings te gee.
Taco Bell, die Mexikaans-geïnspireerde kettinggroep wat deur Yum Brands besit word, het ook begin terugdruk met wat hy die “grootste waarde-aanbod in die maatskappy se bestaan” noem.
Dié soort aanbiedings is egter ’n fyn balanseertoertjie. As die prys van items op die spyskaart te hoog is, dan voel klante hulle word uitgebuit. Maar as die pryse te laag is, dan begin die franchisee mor.
Dit was die geval met McDonalds se “dollarspyskaart” wat in 2013 uitgefaseer is. Die bedryfsregnemers het gevoel dit druk hul winsmarges af, maar die spyskaart was baie gewild onder klante en die afwesigheid daarvan is gevoel.
Die beëindiging van die dollarspyskaart is gesien as ’n bydraende faktor vir ’n daling in verkope by McDonalds, wat twee jaar geduur het.
Hierdie keer dink die maatskappy hy het ’n formule wat die franchisenemers gelukkig sal hou. Meer as 90% van die groep se restaurante het aangedui dat hulle aan die program sal deelneem, volgens Chris Kempczinski, McDonalds se bedryfshoof in die VSA.
“Jy moet seker maak dis iets wat ons kan volhou,” het hy in ’n onderhoud gesê.
Andy Barish, ’n ontleder by Jefferies, het McDonalds se aandeel tot “koop” opgegradeer en sy prysdoelwit tot US$200 opgeskuif, deels omdat die nuwe spyskaart die groep sal help om klante by te kry.
McDonalds se aandeelprys het Dinsdag in New York met tot 2% tot US$174 gestyg, die grootste intradag-styging in meer as twee maande.
Een gewilde bestanddeel wat nie op die waarde-vir-geld-spyskaart is nie, is aartappelskyfies. Kempczinski sê die maatskappy het maande lank probeer uitwerk hoe hy die nuwe spyskaart kan saamstel en het uiteindelik besluit dis beter sonder aartappelskyfies.
“Ons het nie skyfies nodig om dit aantreklik te maak nie,” het hy gesê. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie