Kirsten sal nie tot SA se redding kom
Krieket
Tinus van Staden - Gary Kirsten stel nie belang om Krieket Suid-Afrika (KSA) se direkteur van krieket te word nie.
KSA het sy eie sperdatum van verlede Vrydag misgeloop om ’n aankondiging te doen oor wie sy eerste voltydse direkteur van krieket gaan wees. Dit blyk dat dié beheerliggaam die net wyer gaan gooi en die kans is goed dat nie een van die oorblywende drie kandidate om die pos – Corrie van Zyl, Hussein Manack en Dave Nosworthy – aangestel gaan word nie.
Kirsten, ’n voormalige afrigter van Suid-Afrika en Indië, sou ’n goeie kandidaat gewees het, maar het gister aan Netwerk24 bevestig hy stel nie belang nie.
“Ek is nie deur KSA genader nie en ek geniet dit nog te veel om af te rig, so ek sal nie aansoek doen as die pos weer geadverteer word nie,” sê Kirsten, wat die Durban Heat in die Mzansi-superliga (MSL) afrig.
Kirsten was op die kortlys om Engeland se afrigter te word nadat Trevor Bayliss die tuig ná die Engelse se verowering van die Wêreldbeker neergelê het. Kirsten was na Londen vir ’n onderhoud, maar het nie die werk gekry nie.
Die Engelse Krieketraad was bekommerd dat sy eise om genoegsame tyd saam met sy gesin deur te bring, sy vermoë sou belemmer om ’n goeie werk met die span te doen.
Kirsten het gister gesê soortgelyke redes sal hom ook ontmoedig om aansoek te doen om die Proteas se spandirekteur (voorheen bekend as die hoofafrigter) te word.
“Ek is nou al vir ses jaar uit internasionale krieket en my behoefte om tyd saam met my gesin deur te bring, weeg baie swaar. Ek glo dus nie ek sal aansoek doen nie,” sê Kirsten.
Voordat KSA kan begin soek na ’n voltydse spandirekteur, moet die pos van direkteur van krieket egter eers gevul word.
KSA wou graag die voormalige Protea-kaptein Graeme Smith in daardie pos aanstel, maar Smith het hom aan die wedloop onttrek omdat hy nie gevoel het die beheerliggaam sou hom genoeg vryheid gegee het om die nodige veranderinge aan te bring nie. ’n Gesloer aan KSA se kant het Smith ook frustreer.
Mense in die binnekringe glo Smith se internasionale aansien sou van onskatbare waarde gewees het en dat die ander kandidate nie oor dieselfde aansien beskik nie.
Van Zyl word naas Smith as die beste kandidaat gesien, maar hy is vroeër deur Thabang Moroe, die uitvoerende hoof, geskors hangende ’n ondersoek na beweerde pligsversuim rakende ’n beeldregtekwessie van 2018 se Mzansi-superliga. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie