Kings sal intensiteit bring, voorspel Davies

Die Wallieser het in 'n onderhoud ook onthul dat hy nie verwag om ná die Wêreldbeker steeds die nasionale afrigter te bly nie.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Gegewe die konteks waarbinne Namibiese rugby hom bevind, is die nasionale oefengroep in 'n goeie posisie wat sy voorbereiding vir die komende Wêreldbekertoernooi betref.

Dié boodskap van vertroue is deur afrigter Phil Davies uitgespreek in 'n onderhoud met Republikein oor verskeie aspekte van die nasionale oefengroep, wat binne die volgende weke die reis na Japan aanpak.

“Dinge bereik nou 'n crescendo, maar dis alles werk wat ons oor die laaste vier jaar verrig het. Die meerderheid van Namibië se oefengroep vir die Wêreldbeker is spelers wat vir plaaslike klubs speel.

“Hul toewyding op die oefenveld is fantasties en wanneer hul vlak van fiksheid vergelyk word met die spelers wat vanaf oorsese klubs aangesluit het, is die standaard basies dieselfde.

“Ons het 'n tydperiode in Julie opsy gesit om ons kondisionering te verbeter en die verskil is opmerklik. Dit was bykomend tot die werk wat Sergio de la Harpe (krag- en kondisioneringsafrigter) en Dominic le Roux aan die sportmediese kant reeds sedert Januarie met die spelers uitgerig het.

“Ons is opgewonde dat ons steeds tyd oor het voordat ons by die Wêreldbeker te staan kom teen lande wat hulle op vlak 1 van die internasionale spel gevestig het.”

Vandeesweek is opsy gesit vir 'n oefenkamp in Durban, waaraan 38 spelers bestem was om deel te neem. Oefensessies teen die Haaie se gekontrakteerde spelersgroep is ook in die vooruitsig.

Komplikasies met die reisreëlings het tot gister verhinder dat die Namibiërs 'n huurvlug na die buurland kon haal en die nuutste inligting teen druktyd is dat die groep vanoggend sou vertrek, nadat hulle reeds die afgelope naweek die reis sou aflê.

SKERPHEID

Die Namibiese span het in Junie laas saam gespeel, toe hulle by die Wêreldrugby Nasiesbekertoernooi in Uruguay was.

'n Stewige vertoning teen die gedugte Argentynse A-span het in 'n nederlaag met 25-39 verskeie onverwagte tekens van belofte getoon, voordat Johan Deysel en sy manne in hul geskiedkundige eerste oorwinning teen Uruguay (30-28) talle dinge reg gedoen het.

Die laaste nederlaag met 20-0 in reënweer teen Rusland kan straks as 'n tree agtertoe gesien word, maar in geheel was die toer vir Namibië van groot waarde.

Hierteenoor was die drie groot spanne in Wêreldbeker groep B almal meer aktief in onlangse weke en het almal laas naweek indrukwekkende oorwinnings behaal.

Italië het vir Rusland met 85-15 deurmekaar gehardloop; Suid-Afrika het met 'n eksperimentele kombinasie met 24-18 die oorhand teen Argentinië gekry, terwyl Nieu-Seeland sy wraakwedstryd teen Australië met 36-0 beklink het.

Vir Namibië is net twee amptelike opwarmwedstryde in die vooruitsig, naamlik teen die besoekende Southern Kings, op 31 Augustus in Windhoek en die naweek daarna op Walvisbaai.

Voel Phil Davies bekommerd dat sy span ook aan die agterspeen suig sover dit wedstrydvoorbereiding betref?

“Ons is dankbaar vir die rol van die Namibië Rugby-unie, die SA Rugby-unie en uiteraard die Kings om hierdie geleentheid moontlik te maak.

“Die Kings is 'n professionele franchise en hul span berei voor op die Pro14 wat binnekort begin. Op die internasionale kalender word spanne se wedstryde soms jare vooruit beplan en dis nie altyd maklik om twee wedstryde van sulke gehalte vas te knoop nie.

“Eintlik het ons sedert Maart tot middel-Junie nogal heelwat rugby gespeel. En ons sal in Durban ook teen die Haaie 'n speelkans kry.

“Ons was nommer 23 op die wêreldranglys en om span nr. 16 (Uruguay) op hul tuisveld te gaan klop, was 'n puik prestasie.

“Ons spelers verstaan op watter standaard ons is, maar ons leer ook uit die prosesse wat die toplande ter wêreld volg en wat verwag word om op daardie vlak te presteer. Ons filosofie sluit in om die spelers die selfvertroue te gee dat hulle teen die bestes kan meeding.”



TOEKOMS NÁ 2019

Davies sê die afgelope vyf jaar waarin hy by die afrigting van Namibië betrokke is, was 'n uiters bevredigende ondervinding.

Nogtans reken hy dat die tyd ryp is vir Namibië om vir die volgende vierjaarsiklus tot die 2023 Wêreldbeker veranderinge in sy afrigterstruktuur aan te bring en varsheid in te bring.

“Vir seker sal ek Namibië ná die Wêreldbeker steeds help indien hulle dit so verlang, en te ondersteun met die ondervinding wat ons opgebou het.

“Die NRU se president, Corrie Mensah, is 'n rugbyman wat vooruit dink en verstaan in watter rigting die spel behoort te beweeg om plaaslike rugby te laat groei. Ons weet Namibië se spelerspoel is aan die klein kant en dat ons meer moeite moet doen om te verseker dat meer mense rugby speel.

“Doelstellings behoort in sluit om plaaslike klubrugby sterker te maak met meer spanne in die premierliga; om Namibië se talent in sewesrugby in 'n konstante teenwoordigheid op die HSBC Wêreldreeks te omskep; om die nasionale rugby-akademie verder uit te bou en terselfdertyd die Curriebeker-span aan die gang te hou en te verseker dat die nasionale span die sterkste van die Afrika-kwalifiseerders bly.

“Namibië se rugbypresident, sy bestuur en die spelers het dus 'n goeie fondasie om vir die volgende vierjaarperiode vorentoe te beweeg en ek glo dit is wat sal gebeur.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042