Kinderverkragtings neem toe
Kinderverkragtings neem toe

Kinderverkragtings neem toe

Die Namibiese polisie het 'n dringende beroep op ouers, voogde en versorgers van minderjariges gedoen om waaksaam te wees.
Verkragting van minderjariges is landswyd aan die toeneem, sê die Namibiese polisie.

Volgens die polisie se hoofwoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, is dit uiters kommerwekkend.

Tussen 11 en 18 Julie is 13 sake van verkragting by die polisie aangemeld waarvan vyf van die slagoffers minderjarige kinders is. Sewe verdagtes is in hegtenis geneem. Die voorvalle is in die Oshana-, Omusati-, Otjozondjupa en Kavango-Wesstreek aangemeld. Tussen 25 en 31 Julie is tien verkragtings in die Erongo-, Ohangwena-, Oshana-, Omusati-, Omaheke- en //Karasstreek aangemeld. Vier van die slagoffers is minderjarig en vier verdagtes is in hegtenis geneem. In die eerste week van Augustus is 17 sake van verkragting aangemeld. Nege slagoffers is minderjarig en ses mense in hegtenis geneem. Die voorvalle het in die Erongo-, Ohangwena-, Omusati-, Oshana-, Oshikoto en Zambesistreek plaasgevind. Tussen 18 en 24 Augustus is 17 verkragtings aangemeld. Agt van die slagoffers is minderjariges. Die verkragtings het in die Erongo-, Ohangwena, Oshikoto-, Omusati en Omahekestreek plaasgevind. “Al die verdagtes is in hegtenis geneem,” het Kanguatjivi gesê.

Hy het gesê ouers en gemeenskapslede moet te alle tye waaksaam wees as minderjariges in hul sorg is.

“Dit sal voorkom dat kinders slagoffers van verkragting word.”

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer