Kinderverkragting ’n epidemie
In die helfte van die 2 598 verkragtings wat die afgelope twee en ’n half jaar aangemeld is, is kinders die oorlewendes.
Jana-Mari Smith - Volgens kenners gaan Namibië se epidemie van kinderverkragting nie verbeter tensy skadelike kultuur- en godsdiensopvattings aangespreek word nie.
Polisiesyfers bevestig die kwessie is inderdaad ’n epidemie.
Nagenoeg 1 500 mense is tussen 2017 en Maart vanjaar in hegtenis geneem in verband met meer as 2 500 verkragtingsake.
In byna die helfte van dié sake is minderjariges en baie jong kinders die oorlewendes.
Volgens die nuutste polisiestatistieke is 2 598 verkragtings die afgelope twee en ’n half jaar aangemeld.
In 1 176 van die sake, of sowat 45,3%, was die klaers kinders of tieners.
“Verkragting in Namibië is beslis ’n krisis en moet as sulks verklaar word,” het me. Charlemaine Husselmann van Lifeline/Childline Namibia vandeesweek gesê.
Sy het gesê daar’s ’n dringende behoefte daaraan om die stand van sake ’n noodtoestand te noem.
Husselmann sê die krisis kry nie die aandag wat dit verdien nie.
“Ondanks die gruwelike afmetings daarvan is kinder- seksuele misbruik nie in die soeklig nie. Dit lyk nie of Namibië enige vooruitgang op dié gebied maak nie,” het me. Dianne Hubbard van die Regshulpsentrum (LAC) vandeesweek gesê.
In baie van die verkratingsake wat ondersoek word, is nabye familielede, vriende of bure betrokke wat aan die kinders of tieners bekend is.
Volgens polisiesyfers is 960 verkragtings in 2017 aangemeld, waarvan 436 sake minderjariges betrek het.
In daardie jaar is 596 volwassenes van verkragting aangekla en is 43 minderjariges op verkragtingsklagte in hegtenis geneem.
In 2018 is 1 121 verkragtings aangemeld, waarvan 500 minderjariges betrek.
’n Totaal van 633 volwassenes en 47 minderjariges is op verkragtingsklagte in hegtenis geneem.
Tussen Januarie en Junie vanjaar is 517 verkragtingsake aanhangig gemaak, waarvan 240 minerjariges betrek het.
Tussen Januarie en Maart is 146 volwassenes en 12 minderjariges in verband met verkragting in hegtenis geneem.
Epidemie
Dr. Veronica Theron, ’n kinderbeskermingspesialis, sê Namibië se “epidemie van seksuele geweld” is waarskynlik veel erger as wat die syfers aandui.
Baie kinderoorlewendes meld seksmisdade nie aan nie, uit vrees dat hulle daarvoor geblameer sal word of deur vriende en familie verwerp sal word.
Sy sê mense wat met kinderverkragtingoorlewendes werk, merk op verkragters is geneig om kinders met spesiale behoeftes te teiken.
Theron sê om die oorlewende vir die misdaad kwalik te neem en vertragings in kinderbeskerming wek kommer.
“Volwassenes praat steeds van kinders wat ‘daarvoor gevra het’, of minderjariges wat oortreders ‘verlei’.”
Mag
Husselmann sê een van die hoofoorsake van verkrating is die ingesteldheid van die oortreder dat hy op verkragting geregtig is.
“Die daad is een van mag en skending,” sê sy en voeg by dié wat kinders teiken, sien hulle as “swak en maklik om te manipuleer”.
Husselmann sê die manier waarop seuns grootgemaak word, is van kardinale belang in die oplossing van die krisis.
Seuns moet leer meisies het die reg om nee te sê, sê sy.
Mnr. James Itana van Regain Trust Namibia, wat ondersteuning aan oorlewendes van seksuele mishandeling bied, sê die probleem sal nie weggaan tensy onderliggende kwessies aangespreek word nie.
“Ons leef in ’n samelewing waar mans gesosialiseer word om te glo hulle het ’n reg op vrouens en meisies se liggame. Dit word deur kulturele en godsdienstige opvattings versterk.”
Hy sê solank as wat ’n patriargale stelsel in Namibië heers, sal die land ’n hoë verkragtingsyfer hê.
Itana sê daar’s ’n dringende behoefte aan verbeterde reaksie, ondersteuning en bewusmakingsveldtogte.
Volgens hom moet verkragtingoorlewendes aangemoedig word om daaroor te praat en ondersteuning te kry.
“Nie genoeg van ons nasionale begroting word aan die pak van geslagsgeweld toegeken nie,” sê hy.
Itana sê dis ook hoog tyd dat mans praat.
“Nie alle mans is oortreders nie, maar die meeste van ons mans is stil en hou nie ander mans aanspreeklik nie.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie