Kinders verslind gemmerkoekhuis

Jessica Botes
Gretige klein, taai vingertjies en mondjies bedek met soetgoed! Dít is die toneel wat hom gister afgespeel het by Café Anton op Swakopmund se jaarlikse “sloping” van Hansie en Grietjie se gemmerkoekhuis, ‘n tradisie wat al die afgelope 25 jaar plaasvind. Die bakkers van Café Anton bestee elke jaar ure aan hul huis wat versier is met ‘n verskeidenheid lekkers en Kersfeeskoekies. Dié reuseskepping word dan vir ‘n paar weke in die kafee vertoon voor dit buitentoe gedra word en kinders dit verorber. Foto Jessica Botes

Kommentaar

Republikein 2025-07-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer