Kinders verkrag, verdrink, vermoor en doodgery
Kinders verkrag, verdrink, vermoor en doodgery

Kinders verkrag, verdrink, vermoor en doodgery

Vyf kinders tussen ses en tien is onlangs verkrag, terwyl twee die naweek verdrink het, een vermoor is en een deur ’n voertuig doodgery is, sê die polisie.

Die jongste verkragtingslagoffer was ’n sesjarige meisie wat Saterdag tussen 00:00 en 01:50 glo in Rykmansdorp op Stampriet verkrag is.

Die meisie se ma het haar en haar twee broers glo alleen by die huis gelos.

Hulle was na wat verneem word aan die slaap toe ’n man (34) die huis binnegekom en die meisie verkrag het.

Die boeties het van hul sussie se gehuil wakker geword.

Hulle het glo die lig aangesit en die verdagte in die deur sien staan voor hy uitgestap het.

Die man is in hegtenis geneem.

’n Man (19) is die naweek in die Oshiyandja-nedersetting in Eenhana in hegtenis geneem.

Hy het ’n sewejarige meisie aan die einde van 2019 glo herhaaldelik verkrag.

Die verdagte is na wat verneem word ’n huishulp in die slagoffer se huis. Hy is in hegtenis geneem.

Vrydag is ’n agtjarige meisie in die Onanguti-nedersetting in die Epembe-kiesafdeling glo deur haar oom verkrag.

Hy het gevlug en is dus nog nie in hegtenis geneem nie.

’n Negejarige meisie is glo verlede week Maandag in die Okalumpa-nedersetting by Onyaanya verkrag.

Die verdagte het ná die voorval op die vlug geslaan en is nog nie in hegtenis geneem nie.

’n Tienjarige meisie is in Desember glo herhaaldelik deur haar oom (23) verkrag.

Die voorval het in die Omahenge-nedersetting naby Oshikango plaasgevind. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

Sondag om 17:45 is Silas Shitweya (12) glo deur ’n bakkie gestamp toe hy die pad wou oorsteek.

Die voorval het op die hoofpad tussen Omuthiya en Oshivelo plaasgevind.

Saurez Swartbooi (4) en Rejim Kahuika (6) het Sondag in Olympia se munisipale swembad verdrink. Hulle was glo saam met hul ma daar.

Vrydag het ’n voetganger ’n 10-jarige meisie in ’n vullishouer in Windhoek-Noord ontdek.

Lees ook berigte elders.

Kommentaar

Republikein 2025-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer