Kinders = kattekwaad
Elkeen van ons het waarskynlik al in een of ander stadium vir onsself gevra: “Hoe erg kan dit nou wees?”
Verlede Saterdag was dit inderdaad só ’n geval. Ek moes geweet het toe my broer die oggend op dié stelling reageer deur te sê die heelal sien dit as ’n uitdaging om te sien presies waartoe sy – of hy – in staat is.
Maar eers die agtergrond.
Ek het ’n paar jaar gelede ’n Sê maar net geskryf oor hoe my dogtertjie daarin geslaag het om ons wasmasjien se deur af te breek, saam met ’n paar ander staaltjies oor watter soort kattekwaad kinders aanvang. Daardie selfde dag skryf ’n Windhoekse leser vir my oor hoe haar kinders gedink het hulle help haar vreeslik deur haar kar se deur ’n ander kleur te verf.
Nou terug na hoe ek die heelal uitgedaag het.
Sien, verlede Saterdag kuier my niggie se dogtertjie by ons. Dié aand besluit die twee meisies ná ’n dag se speel hulle moet deur die bad spring. Die water is ingetap – nie te veel nie, ons staar immers weer ’n droogte in die gesig, en die vogroom en pajamas wag vir ná hulle uitklim.
Maar eers, deel hulle my mee, wil hulle ’n bietjie speel.
My vraag aan myself: Hoe erg kan dit nou wees?
Ha! sê die heelal. Challenge accepted.
Want wat kan dan vir twee dogtertjies lekkerder wees as om ’n slide van die bad te maak?
Terwyl die res van ons lekker in die kombuis sit en kuier, hoor ons hoe geniet die tweetjies hulle gate uit. En toe skielik raak dit stil. Julle met kinders het waarskynlik ook al die sêding gehoor: “Silence is golden. Except when you have kids. Then it’s suspicious.”
Dus is ek gou die trappe op om te sien hoekom dit skielik so stil is.
NIKS kon my voorberei op wat op my gewag het toe ek die badkamer instap nie. . .
Dis water net waar jy kyk – die dak, die spieël, die mure, die vensters.
En nie net bietjie nie. Soos ek die deur opstoot maak dit skoon golfies. Ek hoor so in my agterkop daardie ikoniese geluid uit Psycho. Of is dit dalk Jaws?
Mens sou sweer hulle het die hele bad vol water getap en net so weer uitgemors.
Ek wóú mos die heelal uitdaag!
Dis al laat, dit was ’n lang dag en my humeur is kort.
Die meisies is een-een uit die water gepik, grof afgedroog, gesmeer en gepajama. Elkeen is ’n mop in die hand gestop en hulle begin droog maak. Of droogmaak, hang af hoe jy na die situasie kyk.
Alles was só deurdrenk, die badmatjie was eers Sondag droog.
So, as jy die dag lus is vir pret, vra jouself: Hoe erg kan dit wees?
Die heelal sal wel binnekort – waarskynlik in die vorm van twee dogtertjies wat kattekwaad aanvang – vir jou ’n antwoord hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie