Kinders het die reg op geluk
Tanja Bause – Mnre. Winston Lawrence en Daniel van Niekerk het drie maande gelede die Preprimêre Skool Creative Kids op Rehoboth met 20 kinders begin.
Tans gaan reeds 60 kinders daar skool.
Lawrence het as ’n drywer by die Royal College op die dorp gewerk. Hy het kinders heen en weer na die skool gery en sodoende ’n verhouding met ouers opgebou. ’n Kort tyd nadat hy bedank het, het hy na ’n Suid-Afrikaanse profeet geluister wat vir hom gesê het hy moet ’n skool vir 300 kinders oopmaak.
“Ek het gewonder hoe ek dit sal doen, want ek het nie die geld om so iets aan te pak nie. Ek wou dit baie graag doen, maar in daardie stadium was dit net onmoontlik,” het Lawrence gesê.
Dit was egter nie lank nie, toe het ’n vrou ontmoet wat sy passie deel. Saam het hulle besluit om ’n preprimêre skool by haar huis te begin. Dit wat toe dat Lawrence vir Van Niekerk leer ken het.
Die eerste kind wat by die skooltjie registreer is, was ’n vier maande oue baba.“Ek het haar elke oggend by haar ouerhuis opgetel en in die aand weer afgelaai,” het hy gesê
’n Paar weke later het Lawrence ’n oproep van sy vorige baas ontvang.
“Mnr. Rudi van Wyk van Royal College het my gebel en gesê dat ek sy skool met 20 kinders moet kom oorvat.”
Só gesê, só gedaan.
Hulle het die skool se naam na Creative Kids verander en binne drie maande vergroot om 60 kinders, vier onderwysers en 'n skoolhoof te huisves.
Vandag bied hulle babasorg, preprimêre opleiding en nasorg. Die kinders word almal by hul ouerhuis opgetel en saans weer afgelaai. Hulle kry ook twee etes by die skool.
Die skool benodig ’n bus om die kinders te vervoer omdat die bestaande bus baie oud is en onderhoudskoste baie hoog is. Hulle is ook op soek na ’n groter perseel omdat die skool so uitbrei.
Die skool het onlangs ’n skenking van mieliemeel en meel by NamibMills ontvang waarvan hulle ook aan kindertuine in die lokasie gegee het.
“Ons het iets ontvang wat ons nie verwag het nie en dus besluit om dit ook te deel met minder bevoorregte skole wat nie kos het nie,” het Van Niekerk gesê.
Volgens die twee mans het elke kind die reg op ’n goeie opvoeding en om gelukkig te wees. Hulle beoog om in die toekoms om ’n speelpark vir die kinders in Rehoboth te bou.
“In die hele Rehoboth is daar nie een speelpark waar kinders net kinders kan wees en kan speel nie. Ons wil dit graag verander.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie