Kinderporno ‘steeds te maklik beskikbaar’
Een van die grootste struikelblokke vir tegnologiemaatskappye is die mannekrag wat benodig word om kinderpornografie te identifiseer.
Petrus Malherbe – Sajid Javid, Brittanje se minister van binnelandse sake, het ’n beroep gedoen op tegnologiemaatskappye om meer te doen om die verspreiding van kinderpornografie te bekamp.
Dit volg op ’n 700%-toename oor die laaste vyf jaar in die aantal aangemelde gevalle van kinderpornografie wat die Britse Nasionale Misdaad-agentskap ontvang het.
Dié agentskap reken dat daar tot soveel as 80 000 pedofiele net in Brittanje skuil, wat ’n gevaar vir kinders aanlyn inhou.
Volgens Javid sal hy nie huiwer om op te tree teen tegnologiemaatskappye soos Google, Facebook en Microsoft as hulle nie genoeg doen om die verspreiding van kinderpornografie te bekamp nie.
In oorleg met Javid se aankondiging het Google op sy korporatiewe blog gesê dat hy nuwe, gratis programmatuur beskikbaar sal stel om te help om kinderpornografie vinniger op te spoor.
Een van die grootste struikelblokke vir tegnologiemaatskappye is die mannekrag wat benodig word om kinderpornografie te identifiseer.
Bestaande tegnologie vergelyk vermeende pornografiese beelde met ’n lys van bestaande foto’s en video’s.
Hierdie tipe sagteware, bekend as “crawlers”, is ’n doeltreffende manier om mense te keer om beelde te deel wat voorheen as kinderpornografie geïdentifiseer is. Maar dit bied geen weerstand teen nuwe beelde nie; waarvoor daar steeds menslike oë nodig is om dit te identifiseer.
In ’n inskrywing op sy korporatiewe blog sê Google sy nuwe programmatuur sal danksy kunsmatige intelligensie kan help om sulke beelde eerste te identifiseer en dit dan aan moderators te stuur vir hersiening.

Dit sal die proses bespoedig sodat onwettige foto’s en video’s vinniger verwyder kan word.
’n Bykomende kopseer vir reguleerders is die toename in wandade en kindermisbruik wat regstreeks op die internet uitgesaai word danksy platforms soos Facebook Live.
Kenners meen dis ook gans te maklik vir ’n vermeende pedofiel om ’n anonieme rekening op ’n platform soos Facebook oop te maak en dit te gebruik om kinderpornografie mee te versprei. Sodra sy rekening gesluit word, maak hy bloot ’n nuwe een in ’n ander naam oop.
Volgens Javid neem die bedreiging vinniger toe as wat tegnologiemaatskappye maniere kan vind om dit te bekamp.
Miljoene ure se video’s en net soveel foto’s word elke dag op sosiale media gelaai, wat die proses bemoeilik om pornografiese beelde en veral kinderpornografie vinnig op te spoor en te verwyder.
Duitsland het vroeër vanjaar nuwe wetgewing ingestel waarvolgens sosiale netwerke met tot €50 miljoen beboet kan word indien onwettige materiaal nie vinnig genoeg verwyder word nie.
Facebook het in ’n verklaring aan die BBC gesê hy neem Javid se uitlatings ernstig op en sal saam met kenners en ander tegnologiemaatskappye werk om onwettige inhoud vinniger te verwyder. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie