Kind se moordenaar kry 30 jaar tronkstraf
Simon Dawid het 'n vierjarige seuntjie vermoor vir wie hy as sy eie seun grootgemaak het.
Kristien Kruger – Simon Dawid is gister in die hoërhof in Windhoek tot 30 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op die vierjarige Athanosius Simbo op 15 Julie 2015 in Katutura, nadat Dawid uitgevind het dat Simbo nie sy biologiese seun is nie.
Hy het hom glo aan sy bene gevat en sy kop teen 'n sementvloer geslaan tot hy dood is. Volgens getuies het die seuntjie aanhoudend geskree “sorry pappa, sorry pappa”.
Die verdediging het aangevoer Dawid is 'n eerste oortreder en dat hy die daad berou.
Die ma van die oorledene, me. Stella Simbo, het getuig die beskuldigde het haar nooit om verskoning gevra vir wat hy aan haar seun gedoen het nie.
Volgens hoërhofregter Nate Ndauendapo het hy Dawid se omstandighede in ag geneem, maar het beslis die erns van die oortreding weeg swaarder as sy omstandighede.
“Die oorledene was net vier jaar oud. Sy hele lewe het vir hom voorgelê en die beskuldigde het hom wreed vermoor terwyl hy besig was om jammer te sê.
“Boonop het hy probeer om die skuld op 'n onskuldige man te plaas,” het Ndauendapo gesê.
Die staat het egter bo redelike twyfel bewys dat dit nie die buurman was wat Athanosius vermoor het, soos Dawid beweer het nie.
Stella het in die hof gesê sy en Dawid het 'n paar dae tevore baklei omdat hy 'n gerug gehoor het dat Athanosius nie sy seun is nie. Hiertydens het Stella aan Dawid erken dat hy nie is nie en hy het glo vir haar gesê hy gaan hom doodmaak.
“Selfs al was die gerug waar, regverdig dit nie die moord nie. Die seun was onskuldig aan die indiskresies van sy ouers,” het Ndauendapo gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie