Kind (2) sterf in trompop botsing
Volgens die polisie het een voertuig 'n ander op 'n blinde hoogte verbygesteek.
Tanja Bause - Gister omstreeks 10:00 was twee voertuie, 'n bakkie en 'n sedanvoertuig, in 'n trompop botsing, sowat 20 km buite Usakos op die pad na Arandis, betrokke.
Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, insp. Pendukeni Haikali, het een van die voertuie glo 'n ander op 'n blinde hoogte en oor 'n dubbele sperstreep verbygesteek.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi het gesê die sedan is in die ongeluk in twee geskeur.
'n Seuntjie (2) het op die toneel gesterf, terwyl 'n 30-jarige vrou in die hospitaal gesterf het. Vier mense, insluitende beide bestuurders, is met ernstige en ligte beserings in die staatshospitaal op Usakos opgeneem.
Die tweejarige King Lion Schiefer was in die sedan, asook die 30-jarige me. Leonie Camm.
Ook in die sedan was 'n 43-jarige bestuurder, wat ligte beserings opgedoen het, en 'n 15-jarige meisie wat ernstig beseer is.
In die dubbelkajuitbakkie is 'n 45-jarige passasier lig beseer, en die 75-jarige bestuurder is ernstig beseer.
Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie