Kim dreig oor beraad met VSA
Noord-Korea het gesprekke wat gister met Suid-Korea sou plaasvind weens 'n gesamentlike militêre oefening tussen die Suid-Koreane en Amerika opgeskort.
Noord-Korea het gedreig om die beraad tussen pres. Donald Trump van Amerika en Kim Jong-oen, wat vir 12 Junie in Singapoer beplan word, te kanselleer.
Noord-Korea sê Amerika moet mooi dink oor die ontmoeting in die lig van “uitdagende militêre stoornisse met Suid-Korea”, het die staatsmedia in Noord-Korea berig, volgens CNN.
Die BBC berig dat Noord-Korea se minister van verdediging gesê het as “Amerika ons eensydig in 'n hoek druk en eis dat ons van kernwapens afstand doen, sal ons nie meer belang stel in gesprekke nie en die komende beraad heroorweeg”.
Noord-Korea het gesprekke wat gister met Suid-Korea sou plaasvind weens 'n gesamentlike militêre oefening tussen die Suid-Koreane en Amerika opgeskort.
Noord-Korea het vroeër aangedui dat hy verstaan dat dié militêre oefeninge moes voortgaan.
“Ons sal onafhanklik kyk wat Noord-Korea gesê het,” het die Withuis se perssekretaris, Sarah Sanders, in 'n verklaring gesê.
Bronne het gesê die Withuis is onverhoeds betrap deur die berigte. 'n Amptenaar het gesê hulle het nie enige inligting uit Pjongjang oor die status van die gesprekke gekry nie, volgens CNN.
Amerika het die gesamentlike militêre oefeninge met Suid-Korea verdedig. Die woordvoerder van die departement van buitelandse sake, Heather Nauert, het gesê hulle het geen inligting ontvang van enige ontwrigting van die beplande oefeninge of die voorgenome beraad nie.
“Ons moenie dinge vooruitloop nie. Die nuus het onlangs aan die lig gekom en ons moet dit verifieer, maar ons gaan voort met die beplanning van die beraad,” het sy gesê.
Trump is glo oor Noord-Korea se waarskuwing ingelig. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie