Kiesuitslag in DRK betwis
Joseph Kabila het aangedui dat hy in die politiek betrokke wil bly en dat hy homself weer in 2023 as presidentskandidaat verkiesbaar sal stel.
Hoewel Felix Tshisekedi, leier van die opposisie in die Demokratiese Republiek van die Kongo, die presidensiële verkiesing gewen het, het die regerende koalisie ’n meerderheid in die algemene verkiesing behaal.
Joseph Kabila, wat reeds 18 jaar aan die bewind is, is die uittredende president van die regerende koalisie.
Dié uitslag sal dit moeilik maak vir Tshisekedi om die beloftes wat hy tydens sy verkiesingsveldtog gemaak het, na te kom.
Dit versterk ook die vermoede dat Tshisekedi se oorwinning, wat Donderdag aangekondig is, bereik is deur ’n ooreenkoms wat Kabila toelaat om invloed oor sleutel-staatsinstansies te behou.
Kabila sal na verwagting in die volgende paar dae sy amp neerlê.
Daar is gehoop dat dit die DRK se eerste demokratiese oordrag van mag in 59 jaar van onafhanklikheid sou wees. Kabila het egter aangedui dat hy in die politiek betrokke wil bly en dat hy homself weer in 2023 as presidentskandidaat verkiesbaar sal stel.
Martin Fayulu, naaswenner in die presidensiële verkiesing, het Saterdag ’n klag by die hoogste hof van die Kongo ingedien om die uitslag te betwis, het ’n veldtog-woordvoerder, Eve Bazaiba, aan Reuters gesê.
Fayulu beweer hy het meer as 60% van die stemme in die verkiesing gewen, en het Tshisekedi daarvan beskuldig dat hy met Kabila ’n ooreenkoms bereik het om as die wenner bekroon te word.
Tshisekedi se kamp ontken so ’n ooreenkoms en sê afsprake is ná die verkiesing met die president se verteenwoordigers gemaak om te verseker dat daar ’n vreedsame oordrag van mag is.
Die uitslag wat betwis word, dreig om geweld in die land te laat opvlam waar miljoene mense sedert die 1990’s in burgeroorloë dood is. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie