Kiestyd wink vir Baster-gemeenskap

02 March 2021 | Menings
DIE REHOBOTH BASTER GEMEENTE SKRYF:

Groot opgewondenheid en entoesiasme heers tans onder die Bastervolk in aanloop tot die verkiesing van ’n nuwe kaptein.

Hierdie proses gaan met gemengde gevoelens en hartseer gepaard na die heengaan van Kaptein John McNab. Die heengaan van Kaptein McNab het hierdie posisie vakant gelaat, daarom is die verkiesing van ’n opvolger van kardinale belang.

Die Vaderlike wet is duidelik met betrekking tot die opvolgingsprosedure. Genoemde Vaderlike wette maak voorsiening dat die langsdienende Kapteinsraadslid as waarnemende Kaptein die jurisdiksie het en ’n verkiesing moet aankondig. Terwyl daar gewerk was aan die verkiesingsproses het die langsdienende raadslid, Mnr. Barney Buys, egter ook die lewe gelaat en die volk verder in rou gedompel.

Die huidige raadslid en waarnemende kaptein, mnr. Cyril Pienaar, wie die leisels oorgeneem het, het ’n verkiesingskomitee van vrywilligers saamgeroep tydens ’n openbare vergadering wat gehou was op 7 Februarie 2021 in die Hermanus Van Wyk-gedenksaal. Die doel van die komitee is om die kaptein by te staan en die verkiesingsproses te hanteer.

Lede van die verkiesingskomitee is as volg:

Mnr. Hans Mostert (Voorsitter)

Mnr. Wesley Harker (Onder-voorsitter)

Mnr. Patrick Jankowski (Hoof Media-beampte)

Mnr. Jade Izaks (Sekretaris)

Mnr. Patrick Angermund

Mev. Johanna Van Wyk (Onder-sekretaris)

Mnr. Elrico Van Wyk (Tesourier)

Mnr. Hilmar Beukes

Mnr. Attie Strauss

Mnr. Ethan Engelbrecht

Die registrasieproses vir voornemende kiesers is tans aan die gang, daarom moedig die waarnemende kaptein tesame met die verkiesingskomitee die volk aan om hulself te registreer vir sodanige kapteinsverkiesing.

VEREISTES

Die verkiesingskomitee doen ’n beroep op die volk om die volgende in ag te neem wanneer hulle persone as hul kandidaat voorstel.

'n Kapteinskandidaat moet:

• Die Vaderlike wette erken, homself onderwerp aan genoemde wet en uitvoering daaraan gee;

• Moet ’n kampvegter wees vir die behoud, oorlewing en voortbestaan van die Rehoboth Bastervolk;

• ’n Kampvegter wees vir die herstel van die bestaande regte van die Bastervolk;

• Moet die volk verenig en strewe na blywende eenheid.

Die verkiesingskomitee wil voornemende kandidate motiveer en aanmoedig dat die funksies van ’n waardige kaptein die Vaderlike wet as fondament het, wat hy tesame met sy raad tot uitvoering moet bring. Die voornemende kapteinskandidaat en raad moet die volk se verbeelding aangryp, die Bastervolk op voetsoolvlak bereik en werk aan ’n beter toekoms vir Rehoboth, wat behoue sal bly vir toekomstige geslagte.

Ons hoop dat die toekomstige kaptein en raad sal fokus op die belangrike taak waarvoor hulle geroep word, en hulself nie sal beperk tot ’n eindelose gepraat in sosiale media nie.

Dit is die wens van die waarnemende kaptein en verkiesingskomitee dat die voornemende kaptein en raad hul gaan beywer vir daadwerklike aksie en almal sal oproep om betrokke te raak en deel te word van ’n nuwe Rehoboth, en dat hulle sal voortbou op die stewige fondament wat gelê is deur hul voorgangers vir 'n dorp waar almal in vrede, harmonie en voorspoed kan voortbestaan.

Tans is die waarnemende kaptein en verkiesingskomitee besig met die reël van landwye inligtingsvergaderings. Die kantoor van die Baster Gemeente versoek alle ingeskrewe lede, voornemende kiesers en simpatiseerders om die kantoor te kontak, sodat inligtingsvergaderings in hul onderskeie dorpe en streke gereël kan word.

Hierdie landwye inligtingsvergaderings is belangrik vir:

• Registrasie van voornemende kiesers;

• Verduideliking van die nominasieproses van kapteinskandidate aan voornemende kiesers;

• Verduideliking van vereistes vir voornemende kapteinskandidate;

• Verduideliking van die registrasieproses van kapteinskandidate.

Die verkiesingskomitee moedig veral lede aan wie woonagtig buite Rehoboth is, om die kantoor van die RBG te kontak by 081 435 2650 of 081 778 6632.

Soortgelyk

 

Paaseiers by dosyne

6 ure gelede | In beeld

Republikein wens al sy lesers 'n geseënde en veilige Paasfees toe. Zoey Zeilinger (4) en Paul Valombola (5) het solank aan hul Paaseiers begin smul....

Covax beloof entstof binne drie weke

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtCovax, waarvan Namibië as selfgefinansierde land lid is, het aangedui Covid-19-entstowwe wat vir die land geoormerk is, sal oor die volgende drie weke in...

Hospitale wag vir groen lig

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht“Ons is reg en wag net vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste om na ons terug te kom en te sê dit...

Weer vir 1 April 2021

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie oor die sentrale-noordelike streke, asook plek-plek in die streke van Kunene, Erongo,...

Omgeeprojek verhelder Paasfees

6 ure gelede | Gemeenskap

Iréne-Mari van der Walt op SwakopmundVir baie Namibiërs bied die komende Paasnaweek tyd om saam met familie deur te bring en ’n Paasete saam te...

Toerismesektor verheug oor blitstoetse vir reisigers

6 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg Die toerismesektor is verheug dat ’n negatiewe uitslag in Covid-19-blitstoetse vir reisigers nou vir deurgang by grensposte aanvaar word. “Negatiewe uitslae in blitstoetse...

SIM-registrasie word wet

6 ure gelede | Tegnologie

Augetto GraigDie regering verplig selfoondiensverskaffers om kliënte se identiteitsbesonderhede en inligting rakende hul kommunikasiegewoontes te stoor, nadat regulasies vir die toepassing van die Kommunikasiewet nr....

Skoolkinders baat by warm etes

6 ure gelede | Onderwys

Tanja Bause Jubilee Ministries Windhoek onder­steun al vir die afgelope tien jaar kinders van die Primêre Skool Elim in Khomasdal. “Ons gee vir 100 kinders...

Tuindorp se rommel verwyder

6 ure gelede | Regering

Een van die vragmotors wat rommel in Okahandja verwyder, het op 22 Maart onklaar geraak. Die vragmotor is volgens die waarnemende uitvoerende hoof van die...