Kies óf Swapo óf AR
Die koördineerder van Swapo in die Oshikotostreek, mnr. Armas Amukwiyu, het dit Woensdag tydens ’n nuuskonferensie in Windhoek duidelik gemaak dat ondersteuners van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) nie welkom is in dié party nie.
Hy het lede van die party gewaarsku om bande met die AR te verbreek, anders sal hulle die deur gewys word.
Amukwiyu het dié waarskuwing namens al 14 Swapo se streekkoördineerders gerig wat vroeër die week in Windhoek byeen was om aangeleenthede rakende die party te bespreek.
Volgens hom druis dit wat die AR doen, in teen die doelwitte sowel as die beleidsposisie van Swapo. Die AR het einde 2014 onder aanvoering van mnr. Job Amupanda tot stand gekom om druk op die regering uit te oefen om erwe aan Namibiërs beskikbaar te stel waarop hulle huise kan bou.
Middel Junie het dié beweging duisende Namibiërs gemobiliseer om aan die #JUNE16-opmars teen die oprigting van die nuwe parlementsgebou ten bedrae van N$2,2 miljard beswaar te maak. Verskeie van die leiersfigure in die AR is ook lede van die Swapo-jeugliga. Amukwiyu het tydens ’n nuuskonferensie Woensdagmiddag by Swapo se hoofkantoor in Windhoek daarop gewys dat die AR se aksies indruis teen die gees van kameraderie en eenheid in die party.
“Ons is baie ernstig hieroor. Geen party met selfrespek kan ’n ander party binne hom hê nie. Dit gebeur nie in politieke partye nie; dit gebeur ook nie in die kerk, of die moskee of private maarskappye nie,” het hy gesê.
Volgens hom moet ’n lid van die party voorbeeldige gedrag openbaar teenoor ander lede en dit moet geskied in die gees van kameraderie. Verder moet ’n lid die eenheid in die party versterk, faksievorming teenstaan asook eerlik en opreg wees.
Amukwiyu het benadruk dat die AR nie ’n struktuur van die Swapo-party is nie en dat dié beweging sy eie agenda en program het. Hy het dit duidelik gemaak dat die streekkoördineerders nie kan stilbly om die guns te wen van enigeen wat Swapo, sy leiers of lede aanval nie.
Verder het hy daarop gewys dat die koördineerders deel is van die partystrukture en daarom besluite kan neem oor die beëindiging van mense se lidmaatskap indien hulle nie die party se gedragskode eerbiedig nie.
“As jy kyk na Swapo se grondwet, is ons in beheer van party-aangeleenthede in die streke. Wat ook al ons doen, doen is in pas met die party se grondwet,” het hy gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie