Khorixas-staatshospitaal sonder bystand van kragopwekker
Die staatshospitaal op Khorixas is sedert September verlede jaar sonder ’n kragopwekker wat personeel dwing om tydens ’n kragonderbreking in die donker te werk. Volgens een van die verpleegsters by die hospitaal moet hulle noodgedwonge dan van flitse of hul selfone gebruik maak om pasiënte te behandel.
Volgens die verpleegster is die kwessie opgeneem met die topbestuur van die hospitaal. Een van hul redes tot kommer is die invloed wat dit op liggame in die hospitaal se lykhuis het. Jong pasiënte raak ook bang wanneer die hospitaal in donkerte gehul is.
Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het by navraag gesê die ministerie is in die proses om ’n kragopwekker vir die hospitaal te koop. Volgens Nangombe kan die ou kragopwekker nie meer gediens word nie en sal ’n tydelike een vir drie maande by die private sektor gehuur word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie