Khorixas skud
'n Aardbewing wat 4,1 op die Richterskaal gemeet het, het gistermiddag sowat 44 km noordwes van Khorixas in die Kunenestreek die aarde laat ruk en skud.
Die aardbewing het op 'n diepte van minder as 10 kilometer voorgekom.
Die adjunkdirekteur van myne en energie, me. Gloria Simubali, het in 'n mediaverklaring gesê die aardbewing het omstreeks 16:32 by alle seismiese stasies op die Namibiese Seismologiese Netwerk geregisteer. Hierdie stasies is in Windhoek, op Tsumeb, Kamanjab, Opuwo, Katima Mulilo, Gobabis, Karibib, Aus, Ariamsvlei en Rundu geleë.
Die Geologiese Opname van Namibië sal môre 'n span uitstuur om inligting te kry oor hoe die gemeenskappe in die gebied geraak is. - Nampa
Foto ter illustrasie Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie