Khomasdal brei uit

Twee nuwe woonbuurte met besighede, instansies, openbare ruimtes en strate word beoog.
Augetto Graig
Augetto Graig



Netjiese nuwe strate loop oor die bulte van Uitbreiding 16 in Khomasdal.

Kontrakteurs, bestaande uit 'n vennootskap tussen die boumaatskappy Oluzizi en Amibex-ingenieurs, diens tans grond in dié area en baie Windhoekers droom daarvan om eendag 'n huisie van hul eie hier te besit.

Windhoek se stadsraad het sopas 'n plan goedgekeur om erf 5491 anderkant Ploverstraat, en die yslike erf 5940, wat verby Chatstraat strek, saam te voeg.

Die nuwe stuk grond sal dan weer in twee verdeel word om 391 nuwe erwe weerskante van die verlenging van Magpiestraat te skep, wat by Sam Nujomarylaan sal aansluit.

Dié 391 erwe sluit in 371 nuwe woonerwe, tien algemene behuising-erwe en enkele erwe vir besigheid, beperkte besighede, instansies, openbare ruimtes en strate.

Twee nuwe woonbuurte sal deur die projek geskep word in 'n poging om Windhoek se huidige behuisingskrisis te verlig.

Die nuwe woonbuurte sal tussen Khomasdal, Otjomuise en Rocky Crest opgerig word om die gaping tot langs Sam Nujomarylaan te vul.

Beperkings van toepassing op die toekomstige erf-eienaars sluit in dat die waarde van geboue wat daar opgerig word, ten minste dubbel die waarde van die grond moet wees.

Erwe vir die bou van huise sal tussen 300 en 690 vierkante meter groot wees, terwyl die stadsraad ook voorsiening maak vir die bou van woonstelle in die nuwe woonbuurte.

Die gebruik van elke erf sal beperk word tot die doel waarvoor dit geoormerk is.

Erwe wat byvoorbeeld vir beperkte sake aangewys is, sal slegs vir pakhuise en geen ander ligte nywerheidsdoel gebruik kan word nie.

Nog 'n vereiste vir dié ontwikkeling is die verlenging van die watertoevoer­pyplyn van Rocky Crest af.

Die grootmaatrioollyn moet ook van die Suide af, onder Sam Nujomarylaan, verleng word om die nuwe woon­buurte te bedien.

Water- en rioolinfrastruktuur wat voldoen aan standaarde van toepassing op groot woonbuurte moet ook gebou word.

Die hoofstad is van plan om 'n professionele ingenieur aan te stel om die ontwerpverslag eers goed te keur en om dan na die toepassing van die ontwerp om te sien.

Ander munisipale dienste wat aangelê moet word, sluit in dat strate gebou moet word, kragverskaffing beskikbaar gemaak word, en dat die huidige stortingsterrein in toekomstige skoolgronde omskep word.

Die stadsraad sien die stigting van die nuwe woonbuurte as goeie vordering om die uitdaging van die langtermyn­behuisingstekort in die hoofstad aan te pak, sowel as die tekort aan gedienste grond.

Volgens die stadsraad sal die bou van woonstelle inwoners ook meer opsies bied.

Goedkeuring vir die ontwikkeling moet nog deur die beplanning- en adviesraad en ook die nedersettingsraad gekry word, terwyl 'n volledige omgewingsimpakstudie nodig is om 'n omgewingsbestuur-klaringsertifikaat van die omgewingskommissaris te kry.

Die stadsraad het dié stappe ook goedgekeur.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.49/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 955.21/OZ DOWN -0.0003 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.49/OZ DOWN -0.01 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.86/BBP DOWN -0.0051 | Platinum US$ 955.21/OZ DOWN -0.0003