Khomas se topskole vereer
Octavia Tsibes
Die Sekondêre Skool Delta is aangewys as die Khomasstreek se beste staatskool, terwyl St. Paul's College die beste private skool in die streek is.
Dié aankondiging is verlede week deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur gemaak toe leerkragte tydens 'n spesiale prysuitdeling vir hul werk beloon is.
Onderwysers van privaat- sowel as staatskole het die geleentheid bygewoon.
Onderwysers en raadslede is namens die voorsitter van die Khomasstreeksraad deur me. Rachel Jacobs verwelkom, terwyl Windhoek se burgemeester, mnr. Musee Kazapua, namens die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura Mcleod-Katjirua, die onderwysers toegespreek het.
Hy het gesê Khomas se onderwys-direktoraat beskik oor uitstekende onderwysers, skoolbestuurders, ondersteuningspersoneel en administrateurs.
“Hulle is 'n ongelooflik hardwerkende span.”
Die Khomasstreek het op die nasionale ranglys van die vyfde tot die vierde posisie op gewone vlak gevorder, en van die vierde tot die derde plek op hoër vlak.
Kazapua meen egter die Khomasstreek moet eintlik die eerste plek op die nasionale ranglys beklee.
“Vir 'n hoofstreek in die land is die vierde en derde plek nie vir ons nie.
“Ons moet in die eerste plek op die nasionale ranglys wees,” het hy gesê.
Hy het voorts gesê onderwysers moet verseker dat hulle te alle tye goeie uitslae behaal.
“Die direktoraat van onderwys, kuns en kultuur in die Khomasstreek is trots op die onderwysers.”
Volgens McLeod-Katjirua dien onderwysers ook as leerlinge se ouers.
Me. Angelika Jacobie, hoof van die Sekondêre Skool Delta, het gesê sonder leerlinge en goeie onderwysers, sou die skool nie kon oorleef nie.
St. Paul's College se hoof, me. Ellen Gudde, was ewe in haar skik oor die pryse wat haar skool ingepalm het en sy het onderneem om dié titel te behou.
Mcleod-Katjirua het 'n beroep op die direktoraat gedoen om meer pryse beskikbaar te maak sodat die geleentheid se gewildheid sal toeneem.
Die direkteur van onderwys, kuns en kultuur in die Khomasstreek, mnr. Gerald Vries, het gesê dit is 'n groot voorreg vir hom om onderwysers in die Khomasstreek vir hul harde werk en deursettingsvermoë te beloon.
“Stadig maar seker klim die Khomasstreek-onderwys die leer na beter resultate.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie