Khaudum is 'n ware wildernis

Khaudum Nasionale Park in die Kavango-Oosstreek spog nou met splinternuwe geriewe.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg op Khaudum - Dit is die grootste en beste ontwikkeling ooit in die geskiedenis van die Khaudum Nasionale Park.

Só het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, Donderdag tydens die amptelike opening van die Khaudum Nasionale Park se twee nuwe parkstasies, Khaudum en Sikeretti, gesê.

Die twee parkstasies, saam sowat N$80 miljoen werd, is met behulp van die Namibiese regering en die Duitse ambassase deur die KfW Duitse Ontwikkelingsbank gebou om die Namibiese Nasionale Parkeprogram (NamParks) wat in 2006 begin is, te ondersteun.

"Julle moet sorg dat die geriewe goed onderhou word en geen wild in die park gestroop word nie," het Shifeta gesê.

Hy het die Namibiese polisie, weermag, nasionale sentrale intelligensiediens, nieregeringsorganisasies en gemeenskappe geprys oor die daling in olifant- en renosterstropery.

"Julle is ons nasionale trots en dit wys julle is werklik toegewyd,” het hy gesê.

Hy het gesê stropery moet heeltemal uitgewis word en slegs deel van Namibië se geskiedenis wees.

"Wildlewe lewer 'n belangrike bydrae tot die ekonomie en toerisme is hoogs afhanklik van wildlewe. Wildlewe dra aansienlik tot die lewensbestaan van die plaaslike gemeenskappe in landelike gebiede by," het die minister gesê.

Shifeta het verwys na die twee bewaringsgebiede noord van Khaudum, George Mukoya en Muduva Nyangana, wat by trofeejag baat, en wat ook binnekort by die nuwe lodge in die park sal baat. Die Nyae Nyae-bewaringsgebied in die suide van die park trek ook voordeel uit trofeejag.

"Khaudum is baie spesiaal en is ’n ware, weggesteekte wildernis en verlede jaar het ons minder besoekers as die meer as 2 000 olifante in die park gehad," het Shifeta gesê.

Die Duitse ambassadeur, mnr. Christian Schlaga, het gesê die twee goed ontwerpte en beplande parkstasies is 'n voorbeeld van goeie parkbestuur wat weer tot die bewaring van biodiversiteit, verhoogde toerisme en werkskepping sal lei.

"Khaudum se parkstasie het nou 24 personeelhuise met 'n moderne sonkrag- en watersuiweringstelsel wat 'n reuseverbetering op die ou barakke en houthuisies is," het Schlaga gesê.

Khaudum spog ook nou met 'n pragtige nuwe ingangshek, toeriste-ontvangslokaal met inligtingsborde, kantore, werkswinkels, 'n piekniekplek en 'n sokkerveld.

Die minister het gesê die konstruksie van die Khaudum-stasie het meer as 400 000 stene, byna 24 000 sakke sement en meer as agt miljoen liter water behels.

Hy het Nexus bedank, wat die projek volgens skedule en binne die begroting voltooi het, asook die konsultasiespan, wat bestaan het uit WML Consulting Engineers, Nina Maritz Architects, De Leeuw Namibia, GFA Consulting Group en die NamParks III-projekspan.

Shifeta het Duitsland bedank vir hul "voortgesette vriendskap en vrygewige ondersteuning" en gesê Duitse hulp aan NamParks is nou in die vierde fase. Die eerste twee fases het in die nasionale parke van Bwabwata, Mudumu en Mamili begin. Die derde fase het op die nasionale parke van Khaudum, Bwabwata, Mudumu en Nkasa Rupara gefokus.

“Die vierde fase is nou in volle swang en sal werk in die Noordooste voltooi en dan op die ontwikkeling van die Tsau//Khaub Nasionale Park, voorheen bekend as Sperrgebiet in die //Kharasstreek, fokus.

“Die vyfde fase begin binnekort in die Namibiese kusparke in die Kunene-, Erongo- en Hardapstreek,” het die minister gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054