Kersgeskenke

Lloyd Zandberg
Kom ons wees eerlik. Geskenke is een van die hoogtepunte van Kersfees, indien nie die piek van die aand nie, maar definitief ook die duurste deel. Ons probeer elke jaar iets koop wat my elke persoon se menswees pas, maar dit raak moeiliker (en duurder). Hoewel Kersfees nie eintlik oor die geskenke gaan nie, verskaf dit groot genot aan die hele gesin. In plaas daarvan om op die nippertjie vir iemand ten duurste iets by die winkel te gaan koop, is hier ’n paar idees wat jy self by die huis kan maak. Op hierdie wyse sal jy baie geld spaar en dit voorkom ook die moontlikheid dat die broek, hemp of badjie nie te klein gekoop is. Sien dit as 'n aktiwiteit en nie 'n straf nie. Jy sal verbaas wees met hoe lekker die maak van hierdie geskenke is. Dalk ontdek julle ook ’n Picasso in die gesin.

Badsout

Vinnig en eenvoudig om te maak. Jy benodig growwe sout (2 koppies), klapperolie (250ml), vanieljegeursel (1 teelepel), kleursel en ’n ou glas- of plastiekhouer. Meng al die bestandele bymekaar en draai styf toe. Hier kan jy lekker met die geure en kleure speel.

Afdrukke

Gee jou ou kissingslope, lakens of tafeldoek 'n tweede lewe. Koop materiaalverf (’n kleur van jou keuse, maak net seker dit gaan sigbaar wees om die betrokke materiaal) en knip vorms uit karton. Bedek uitknipsels met verf en druk op materiaal.

Bliktuin

Plaas kruiebompies (roosmaryn, basiliekruid, ment, koljander of enige ander eetbare kruie) in ou blikke. Prakties en visueel baie effektief in die kombuis. Ideale geskenk vir familie of vriende wat graag tyd in die kombuis spandeer.

Musiek vir die ore

Maak 'n CD vir jou vriend of familielid van sy beste liedjies. Veral al liedjies wat hom/haar aan julle verhouding sal laat dink. Uiters goedkoop, maar baie persoonlik. Lekker vir die pa’s. ’n Saterdagaanbraai raak eweskielik lekkerder.

Ouma se raad

Skryf een van ouma of ma se oorspronlike respepte met die hand op ’n mooi stuk papier oor. Plaas in ’n koervert met 'n persoonlike boodskap.

Vir-ewig-raam

Plaas 'n foto van jou en die persoon in ’n raam. Jy kan self agterop die foto ’n boodskappie skryf. Versier raam met stukkies houd, ou knope, vuurhoutjies, kurkproppe, tandestokkies of enige ander items wat altyd in die pad lê. Hier kan ’n lekker gespeel word.

Bak en brou

Bak verskeie koekies en versier met ’n Kerstema. Sodra dit afgekoel het, draai in bruinpapier en 'n kleurvolle lint toe. Jy kan die koekies selfs in ’n ou blik gee.

Tuisgemaakde mosterd

Daar is ’n magdom resperte aanlyn te vind en is baie eenvoudig om te maak. Gooi mostert in ou glashouer met resep aangeheg vir in geval die persoon dit later self wil maak. Tuisgemaakde mosterd is altyd die dag na Kersfees ’n wenner, saam met al die oorskiet vleis.

Kommentaar

Republikein 2025-06-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer