Kersfees is om die draai
Kersfees is om die draai

Kersfees is om die draai

Tanja Bause
Met die vakansieseisoen wat vandag amptelik aanbreek en skole wat landswyd gesluit het, is dit natuurlik ook tyd om die Kersboom en kersversierings af te stof en uit te stal.

In Windhoek word die aanvang van die Kersseisoen amptelik afgeskop met die hoofstad se liggies wat ­môreaand om 19:00 deur die burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, in Zoo Park in Onafhanklikheidsrylaan aangeskakel word. 'n Kersmark word ook van vandag tot môre in Onafhank­likheidsrylaan en by Poststraat Mall gehou.

Mnr. David Kamwanga toor al die afgelope 13 jaar met draad en sy stokperdjie het 'n voltydse werk geword. Deel van sy Kersversierings vanjaar is sterre wat met albasters versier is. Kamwanga werk daagliks van 08:00 tot 17:00 voor die Namibia Craft-sentrum in Windhoek.

Kommentaar

Republikein 2026-04-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer