Kersfees in ’n boks

Die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) het die harte van die kinders van die Orange Babies Namibia Foundation met skoenbokse vol Kersvreugde verbly. Die stigting versorg kinders wat beide hul ouers verloor het. Die Kersfees-skoenboksveldtog het werknemers van Namfisa aangemoedig om ’n boks met noodsaaklikhede ter waarde van N$250 te vul. Namfisa het in die gees van welwillenheid ook rekenaars aan die Universiteit van Namibië (Unam) se Oshakati-kampus geskenk.

Kommentaar

Republikein 2025-05-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer