Kerk bemiddel vredesooreenkoms
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Die regering van die Sentraal-Afrikaanse Republiek en 13 van die 14 gewapende groepe in die land het Maandag 'n ooreenkoms onderteken wat daarop gemik is om 'n einde aan etniese en godsdienstige konflik in die land te maak wat reeds die lewe van duisende mense geëis het.
Die ooreenkoms wat deur die Katolieke Kerk se Sant' Egidio-vredesgroep bemiddel is, is in Rome onderteken. Beroepe is gedoen vir 'n onmiddellike beëindiging van vyandighede en die erkenning van die uitslae van verlede jaar se presidentsverkiesing.
Die land is sedert 2013 deur inter-godsdienstige konflik geteister toe die hoofsaaklik Moslem Seleka-rebelle die mag oorgeneem het en weerwraakaanvalle van die Anti-Balaka-milisie, wat in naam Christelik is, uitgelok het.
Die Sant' Egidio-groep, wat deur die Vatikaan en Italië gesteun word, het in 1992 ook onderhandel vir die beëindiging van die burgeroorlog in Mosambiek. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie