Kerina ter ruste gelu00ea in hoofstad
Kerina ter ruste gelu00ea in hoofstad

Kerina ter ruste gelê in hoofstad

Tanja Bause
Augetto Graig – Prof. Mburumba Kerina is gister in die Khomasdal-begraafplaas in die hoofstad begrawe.

Die man wat Namibië sy naam gegee het, is saam met sy ma, me. Magdalena Getzen, in een graf begrawe.

Die familie het spoedig alternatiewe begrafnisreëlings getref nadat die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) Saterdagaand 'n dringende hofbevel in die hoërhof in Windhoek verkry het om te verhoed dat Kerina Sondag in die grafheiligdom vir opperhoofde op Okahandja ter ruste gelê word. Dié gedeelte van die begraafplaas is deur die Ovaherero-gemeenskap se tradisionele reëls uitsluitlik vir opperhoofde geoormerk. Die besluit is deur die hoërhof gehandhaaf en die begrafnis is verbied om voort te gaan.

Me. Kakuna Kerina, sy dogter, het gister gesê dieselfde familielede wat oorspronklik op die lys van tien was, sou dit bywoon, om Covid-19-maatreëls na te kom.

Volgens haar is die hoop nou dat die komitee op staatsbegrafnisse die grafsteen spoedig sal oprig, ten minste voor Saterdag wanneer sy terug Amerika toe vlieg.

“Ek hoop hulle rig môre (vandag) die grafsteen op, of op die laatste teen Saterdagoggend,” het sy gesê.
[email protected]

FOTO
Prof. Mburumba Kerina is in dieselfde graf as sy ma by die begraafplaas in Khomasdal begrawe. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer