Kenia, RSA kom vir Safland-sewestoernooi
Die Blou Bulle en die Tsjeggiese Republiek bring ook spanne na Swakopmund.
Andrew Poolman - Die voormalige Blitsbok en Springbokvleuel Cornal Hendricks is die kaptein van die Suid-Afrikaanse Akademiespan wat komende naweek die buurland se titel by die Safland-sewesrugbytoernooi op Swakopmund kom verdedig.
Vanweë omstandighede sal dit nie weer dieselfde sterbelaaide Blitsbok-span as verlede jaar wees nie.
In 2016 se geskiedkundige eerste toernooi het afrigter Neil Powell se manne soos verwag in die finaal met Kenia afgereken. Die Blitsbokke het dié opwarmtoernooi gebruik as die afspringplek vir hul briljante seisoen waarin hulle die HSBC Wêreldsewesreeks as kampioene afgesluit het.
Omdat die meerderheid van Suid-Afrika se sewes-staatmakers tot onlangs nog in die Curriebeker betrokke was en omdat hulle tans in 'n verpligte rusperiode is, sal toeskouers nie weer met die hoë profiel span soos Werner Kok, Siviwe (Shakes) Soyizwapi, Rosko Specman, Justin Geduld, Cecil Afrika, Branco du Preez, Philip Snyman, Kyle Brown, Chris Dry, Dylan Sage, Ruhan Nel en Stephan Dippenaar bederf word nie.
Met die immer oorvloedige talent tot Suid-Afrika se beskikking kan egter nie betwyfel word dat die groen-en-goud steeds 'n kragtige aanslag op die 2017-toernooi sal loods nie.
Berigte in sekere nuusmedia het vandeesweek aangevoer dat Kenia hom uit die Safland-toernooi onttrek het – kwansuis vanweë die afwesigheid van waardige kompetisie.
Dié gerugte is gister deur die hooforganiseerder, die sportpromotor Willem Strauss, weerlê. Op die webblad van die Keniaanse Rugby-unie is gistermiddag ook hul spanlys opgelaai wat na Namibië op pad is, met die byvoeging dat hul vlug na Windhoek vanoggend vertrek.
Kenia se spelersgroep is Frank Wanyama, Dan Sikuta, Brian Tanga, Samuel Oliech, Oscar Ayodi, Nelson Oyoo, Herman Humwa, Charles Omondi, Jeff Oluoch, Eden Agero, Eric Ombasa en Sam Muregi. 'n Paar ambisieuse nuwelinge het in hul nasionale sewesliga hul plekke oopgespeel.
Agt spanne ding in die Safland Sewes se Internasionale afdeling mee. Groep X is Suid-Afrika Select, Namibië, die Blou Bulle (Suid-Afrika se provinsiale kampioene), Kenia en Zambië.
Groep Y is Botswana, die Tsjeggiese Republiek, die Namibië Akademiespan, Tisan en Lesotho.
Vrydag se wedstrydprogram duur van 12:00 tot 19:30. Saterdag hervat wedstryde om 09:00 tot die groot eindstryd om 19:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie