Kenia: Net 35% stem
Kenia: Net 35% stem

Kenia: Net 35% stem

Volgens die voorsitter van die verkiesings­kommissie is 6,55 miljoen­ stemme landwyd uitgebring.
Die polisie in Kenia het met ondersteuners van die opposisie slaags geraak, en talle kiesers het van die stembusse weggebly in Donderdag se tweede presidentsverkiesing in twee maande in dié land.

Reuters berig net 35% van die stemgeregtigdes het opgedaag om te stem, wat 'n slag is vir pres. Uhuru Kenyatta se plan om 'n beslissende mandaat vir sy tweede termyn te bekom.

Ondersteuners van Raila Odinga, die opposisie­leier, het weggebly. Dus word Kenyatta se oorwinning nie betwyfel nie.

Wat nie duidelik is nie, is hoe hy te werk sal gaan om die inwoners van dié land in Oos-Afrika te herenig waar diepgaande etniese verdeeldheid blootgelê is met gewelddadige en omstrede verkiesingsprosesse en talle hofstryde die afgelope drie maande.

Die uitslag van die eerste verkiesing van Augustus, wat Kenyatta gewen het, is nietig verklaar weens prosedurele onreëlmatighede.

Donderdag het gevegte tussen die polisie en Odinga se ondersteuners uitgebreek. Odinga se ondersteuners was daarop uit om te keer dat stempunte oopmaak in vier streke waar hy gewild is.

Volgens die verkiesingskommissie het 10 ­stempunte glad nie oopgemaak nie.

Wafula Chebukati, voorsitter van die verkiesingskommissie, sê 6,55 miljoen stemme is landwyd uitgebring, wat gelykstaande is aan 34,5% van die geregistreerde kiesers.

Daarteenoor het 80% van die stemgeregtigdes in die verkiesing in ­Augustus gestem.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A