Kenia in Augustus na die stembus
Kenia se geregerende party het in sy verkiesingsmanifes wat Maandag bekend gestel is, belowe om gratis onderwys en gesondheidsorg uit te brei.
Dit het egter nie probleme in bestaande maatskaplike dienste erken wat stakings in die aanloop tot die verkiesings uitgelok het nie.
Pres. Uhuru Kenyatta, die hoof van die Jubilee Party, wil 'n tweede en finale vyfjaartermyn as staatshoof behaal in die verkiesings wat op 8 Augustus plaasvind. Kiesers sal vir 'n president, wetgewers en plaaslike verteenwoordigers stem.
Openbare debatte fokus op maatskaplike dienste en die lewenskoste, met sommige kiesers wat volgens stam-alliansies sal stem. Meer as 1 200 mense is ná die 2007-verkiesings dood toe politieke protes etniese geweldpleging uitgelok het.
Kenyatta se hoofteenstander, die veteraanopposisieleier Raila Odinga, staan aan die hoof van die National Super Alliance, 'n koalisie van opposisiepartye wat nog hul manifes moet publiseer.
In 'n nuwe verkiesingsbelofte beloof die Jubilee Party gratis gehalte, primêre gesondheidsorg aan alle Keniane; gratis sekondêre onderwys; bekostigbare behuising en om te verseker dat elke Keniaan teen 2020 toegang tot die elektrisiteitsnetwerk het.
Kenyatta, die welvarende 55-jarige seun van die land se eerste president, sê hy sal moedersterftes verminder, toesien dat 'n devolusie van mag geskied, nuwe paaie bou en 'n nuwe Chinees-geboude spoorlyn open wat die Mombasa-hawe aan die hoofstad, Nairobi, verbind.
“Werkskepping is die hart van die volgende Jubilee-administrasie se prioriteite,” skryf hy in die voorwoord van die manifes.
Moedersterftes is sedert 2003 aan die afneem in Kenia en die Kenya Power Company het 6,1 miljoen elektrisiteitsverbindings, vergeleke met 2,26 miljoen in Maart 2013, net voor Kenyatta aan bewind gekom het. Baie nuwe paaie is gebou en die eerste fase van die spoorlyn is verlede maand geopen.
Kenia se ekonomie het verlede jaar met 5,8% gegroei, ver bo die gemiddelde groei in Afrika suid van die Sahara van 1,3%.
Tog staar die land baie uitdagings in die gesig waaronder die lewenskoste. Die inflasiesyfer vir Mei was 11,7%, die hoogste in vyf jaar. Hoë pryse en 'n droogte in die streek het 'n nasionale tekort in die stapelvoedsel mieliemeel meegebring.
Die manifes beklemtoon ook vordering met gesondheidsorg, maar Keniaanse dokters het in Desember met 'n vier maande lange staking oor swak salarisse en werksomstandighede begin. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie