Kenia gaan ivoor verbrand
Natuurbewaarders van Kenia se natuurlewe dienste (KWS) pak olifanttande op ‘n brandstapel in Nairobi se nasionale park, ter voorbereiding van ‘n geskiedkundige verbranding van tonne ivoor, renosterhorings en ander gekonfiskeerde natuurlike trofeë. Kenia sal op 30 April nagenoeg 105 ton gekonfiskeerde ivoor, byna die hele voorraadstapel van die land, verbrand. Verskeie Afrika-staatshoofde, bewaringsdeskundiges en hoë profiel filantrope sal die geleentheid bywoon wat hulle hoop ‘n sterk boodskap teen wildstropery sal stuur. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie