Kenia: dodetal 48 ná dam bars
Kenia se dodetal staan nou op 48 ná 'n damwal verlede week gebars en miljoene liters water by heuwels in die sentrale Rift-vallei afgestroom en vloede en modderstortings veroorsaak het. "Ná al die vermistes, misplaastes en lyke opgespoor is, staan die amptelike dodetal op 48. Die soektog duur steeds voort; dit is afgeskaal, maar nie afgestel nie," het die streekspolisiekommissaris, Mwongo Chimwaga, gesê. Hierdie ramp volg op weke se seisoenale reëns in Kenia wat ook vloede en modderstortings veroorsaak het en die lewens van 179 mense geëis het. Dié lugfoto wys huise wat in die Dima-nedersetting oorstroom het. Foto Nampa/AP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie